Falmer-stadion (ook bekend as American Express Gemeenskapstadion of Die Amex weens borgskapredes) is ’n rugby- en sokkerstadion naby Falmer in Brighton en Hove, Engeland, met sitplek vir 30 750 mense. Dit is die tuisveld van Brighton & Hove Albion. Die stadion is op 31 Mei 2011 aan die eienaars oorhandig. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was die laaste seisoenwedstryd van die Sussex Seniorbeker van die 2010-’11 tussen Brighton en Eastbourne Borough op 16 Julie 2011.

In September 2015 is twee wedstryde van die Rugbywêreldbeker 2015 in die stadion gespeel. As oefenlopie voor die wêreldbeker is die wedstryd tussen die o/20-spanne van Frankryk en Engeland, as deel van die Sesnasies o/20-kampioenskap in die stadion gespeel. Dit is ook tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 gebruik.

Fotogalery

Wedstryde Rugbywêreldbeker 2015

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 19 September 2015 16:45 32–34 Groep B 29 290 20 September 2015 12:00 25–16 Groep B 29 178

Vrouerugbywêreldbeker 2025

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 6 September 2025 17:00 47–7 Groep A 30 433 7 September 2025 14:45 40–0 Groep C 30 017

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Rugbystadions in Engeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Engeland Kategorie:Vrouerugbywêreldbekerstadions