Die Toyota Quantum is 'n minibus van die Japannese motorvervaardiger Toyota. Die Quantum is spesiaal ontwerp deur Toyota Suid-Afrika as 'n verbeterde Toyota HiAce vir bemarking aan die taxibedryf, waar dit baie gewild is. Die Quantum en die nuwe Ses'fikile Quantum beklee die eerste plek as die besverkoper mensvervoerder in Suid-Afrika.
Die Quantum is nie in die Verenigde State, Kanada of Europa beskikbaar nie.
Die prys van 'n nuwe Quantum in Suid-Afrika wissel tussen R209 900 en R290 100. Standaardfunksies sluit in die Quantum immobiliseerder, Toyota Care Microdot stelsel, lugversorging, sentrale sluiting, remhulp, sluitweerremme, sitplekgordels vir bestuurder en alle passasiers, radio met CD-speler en verdonkerde kantvensters in die kajuit.
Verwysings
Amptelike webblad van die Toyota Quantum
Quantum