Stadion mk (aanvanklik bekend as stadion:mk, stilisties as stadionmk en ook plaaslik as DenbighstadionYoutube-animasie van die bouproses) is ’n sokkerstadion in die Denbighdistrik van Milton Keynes, Buckinghamshire, Engeland, met sitplek vir 30 500 mense. Die stadion is die tuisveld van Milton Keyns Dons FC.
Benewens sokker word die stadion ook soms vir rugbywedstryde aangewend. Die eerste rugbywedstryd wat in die stadion gespeel is, was in Mei 2008 toe Saracens (wat op daardie stadium Vicarage Road met Watford Voetbalklub gedeel het) teen Bristol gespeel het omdat Watford hul stadion vir ’n Kampioenskapuitspeelwedstryd benodig het. In 2011 het Northampton Saints die stadion gebruik vir die kwart- en halfeindstryde van die Heinekenbeker omdat hul eie stadion te klein was. Die stadion het ook as gasheer vir drie wedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2015 gedien.
Fotogalery
Wedstryde Rugbywêreldbeker 2015 Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 1 Oktober 2015 20:00 41–18 Groep D 28 145 3 Oktober 2015 14:30 5–26 Groep B 29 019 6 Oktober 2015 20:00 47–15 Groep A 30 048
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Rugbystadions in Engeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Engeland