Pleurodira is 'n taksonomiese suborde van skilpaaie (Testudines). Dit is (saam met Cryptodira) een van die twee subordes waarin skilpaaie opgedeel word.

Skilpaie wat aan die suborde behoort kan nie hulle nekke reguit onder hulle doppe intrek nie. Hulle moet dus die nek vou of sywaarts langs die liggaam onder die dop inskuif. Skilpaaie wat aan die suborde Cryptodira behoort, daarteenoor, kan hulle nekke reguit onder hulle doppe intrek.

Die naam is afgelei van pleuro = kant en dira = verberg. Die moeraswaterskilpad is 'n voorbeeld van so 'n skilpad.

Daar is drie groepe Pleurodira: Die Chelidae wat in Suid-Amerika en Australië voorkom Die Pelomedusidae wat in Afrika voorkom Die Podocnemididae wat in Suid-Amerika en Madagaskar voorkom

Verwysings

Kategorie:Skilpaaie