Die NGR Klas-K 0-4-0ST is 'n saaltenklokomotief vanuit die negentiende eeu. Vyf van hierdie lokomotiewe is deur die Natalse Regeringspoorweë in 1891 bestel. In 1896 is twee van die lokomotiewe aan die Natalse Hawediens verkoop en in 1897 is een aan die Pretoria-Pietersburg Spoorweë verkoop.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine