Sjapoer II, ook bekend as Sjapoer die Grote (Persies: شاپور دوم بزرگ), was die 10de "koning van konings" van die Sassanidiese Ryk. Hy was die ryk se langs heersende koning, van 309 tot 379, en die seun van Hormizd II. Tydens sy lang bewind het die Sassanidiese Ryk sy eerste goue era beleef sedert die bewind van Sjapoer I (241–272).
Toe koning Hormizd II (302–309) sterf, het Persiese adellikes sy oudste seun, Adhoer Narseh, doodgemaak ná ’n kort bewind,Adur Narseh, A. Tafażżolī, Encyclopædia Iranica, 15 Desember 1983) die tweede seun verblind en die derde een gevange geneem.Hormozd, A. Shapur Shahbazi, Encyclopædia Iranica, 23 Maart 2012) Die troon is gehou vir die ongebore kind van een van Hormizd II se vroue. Daar word beweer Sjapoer II was dalk die enigste koning in die geskiedenis wat in utero as koning gekroon is; volgens legende is die kroon op sy ma se maag geplaas terwyl sy swanger was. Hy is dus as koning gebore.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 309 Kategorie:Konings Kategorie:Persiese Ryk Kategorie:Sterftes in 379