Die Siriese Burgeroorlog (Arabies: الحرب الأهلية السورية), ook bekend as die Siriese Rewolusie, was ’n langdurige konflik in Sirië. Die onrus het in die vroeë lente van 2011 begin met landwye opstande teen president Basjar al-Assad se regering, wie se magte gereageer het met gewelddadige ingrypings. Dit het ná maande van militêre beleërings geleidelik omgesit in ’n gewapende rebellie.

Swaar gevegte is hernu met 'n groot rebelle-offensief in die noordweste gelei deur Tahrir al-Sham en ondersteun deur geallieerde groepe in die Siriese Nasionale Weermag in November 2024, waartydens Aleppo, Hama en Homs ingeneem is. Suider-rebelle wat voorheen met die regering versoen het, het daarna hul eie offensief geloods en Daraa en Suwayda oorgeneem. Die Siriese Vrye Leër en die Siriese Demokratiese Magte het hul eie offensiewe in onderskeidelik Palmyra en Deir ez-Zor van stapel gestuur. Teen 8 Desember het rebellemagte die hoofstad, Damaskus, oorgeneem. Hierna het die Baath-regime ineengestort, met president Basjar al-Assad wat na Moskou gevlug het. Baie bronne beskou dit as die einde van die burgeroorlog

Konflik Die gewapende opposisie bestaan uit verskeie groepe wat tydens die konflik gevorm het, veral die Vrye Assiriese Leër, wat die eerste groep was wat in 2011 wapens opgeneem het, en die Islamitiese Staat in Sirië (ISIS), wat in 2013 gestig is. In 2013 het Hezbollah tot die oorlog toegetree ter steun van die Siriese leër.

In die ooste het die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL), ’n djihadistiese militante groep wat sy oorsprong in Irak het, vinnig gebiede in Sirië en Irak verower en met die ander rebelle gebots. Teen Julie 2014 het ISIL ’n derde van Sirië se grondgebied beheer, asook die meeste van sy olie- en gasvervaardiging, en homself so gevestig as die grootste opposisiemag.

Teen Julie 2013 was die Siriese regering in beheer van sowat 30–40% van die land se gebied en 60% van die bevolking. ’n Verslag van die Verenigde Nasies in laat 2012 het die konflik beskryf as "openlik sektaries van aard", tussen hoofsaaklik Alawitiese regeringsmagte, militias en ander Sjiïtiese groepe wat veral veg teen Soennities-oorheersde rebellegroepe,"Sunni v Shia, here and there". The Economist. URL besoek op 14 September 2013 hoewel beide opposisie- en regeringsmagte dit ontken het.

Vanweë buitelandse betrokkenheid is die konflik al ’n oorlog by volmag genoem, waar nie een van die kante mekaar direk aanval nie, maar mekaar se bondgenote. In Januarie 2015 was die dodetal al meer as 220 000, en in April 2015 na beraming tot 310 000. Internasionale vredesorganisasies het die Siriese regering, ISIL en ander opposisiemagte van erge menseregteskendings met vele slagtings beskuldig.

Die Siriese regering is na berig word verantwoordelik vir die meeste burgerlike sterftes en oorlogsmisdade, dikwels deur bombarderings. Tienduisende opstandelinge en aktiviste is ook al in hegtenis geneem en daar is berigte van marteling in staatstronke.

Die VN en baie internasionale organisasies het al die erns van die konflik uitgestip. Meer as 7,6 miljoen Siriërs is van hul woonplek ontneem en meer as 4 miljoen het uit die land gevlug na lande soos Griekeland, Turkye, Libanon, Jordanië, Irak en Egipte. Nog miljoene woon in swak omstandighede met ’n tekort aan kos en drinkwater.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geskiedenis van Irak Kategorie:Geskiedenis van Sirië