Koca Mi'mâr Sinân Âğâ (Ottomaanse Turks: معمار سينان; Moderne Turks: Mimar Sinan, uitspraak [miːˈmaːɾ siˈnan], "Sinan die argitek"; c. 1489/1490 – 17 Julie 1588) was 'n Ottomaanse argitek en siviele ingenieur. Hy het vir sultans soos Süleyman I, Selim II, en Murat III gewerk. Hy was byna vyftig jaar in diens van die Ottomaanse Ryk. Sy meesterstuk is die Selimiye-moskee wat in Edirne geleë is. Hy is veral bekend vir sy werk aan die Süleymaniye-moskee wat in Istanboel geleë is.
Eksterne skakels
Kategorie:Ottomaanse Ryk Kategorie:Turke Kategorie:Argitekte Kategorie:Geboortes in 1490 Kategorie:Sterftes in 1588