Augusto Roa Bastos (* 13 Junie 1917 in Iturbe; † 26 April 2005 in Asunción) word as die belangrikste romanskrywer van Paraguay beskou en is naas Gabriel García Márquez en Mario Vargas Llosa ook een van die mees befaamde skrywers in Suid-Amerika. Hy is die seun van 'n Franko-Brasilianer en 'n Guarani-Indiaanse. Weens 'n burgeroorlog gaan hy van 1947 tot 1989 in ballingskap na Buenos Aires (Argentinië). Vanaf 1976 is hy professor in Latyn-Amerikaanse Letterkunde aan die Universiteit van Toulouse, Frankryk. 1982 word hy deur die diktator Alfredo Stroessner van sy Paraguaanse burgerskap ontneem en kry dit eers kort ná Stroessner se dood weer terug.
Sy bekendste werke, wat wêreldfaam geniet, is Yo, el Supremo ("Ek, die Almagtige", 1974) – die beste Latyns-Amerikaanse roman oor diktatore – en Hijo de Hombre ("Menseseun", 1960).
1989 word die belangrikste literêre prys van die Spaanstalige letterkunde, die Premio Cervantes, aan hom toegeken.
Bibliografie 1942 – El Ruiseñor de la Aurora, y otros poemas 1947–1949 – El naranjal ardiente, nocturno paraguayo 1950 – El fiscal 1960 – Hijo de Hombre (Menseseun) 1974 – Yo, el Supremo (Ek, die Almagtige) 1979 – Lucha hasta el Alba 1992 – Vigilia del Almirante 1996 – Madama Sui 1953 – El Trueno entre las Hojas 1967 – Los Pies sobre el Agua 1969 – Moriencia 1972 – Cuerpo presente, y otros textos 1974 – El Pollito de Fuego 1974 – Los Congresos 1976 – El Somnámbulo 1979 – Los Juegos 1980 – Antología personal 1984 – Contar un Cuento, y otros relatos 1989 – On Modern Latin American Fiction 1996 – Metaforismos
Bronne en verdere leesstof
answers.com: Augusto Roa Bastos books.guardian.co.uk: Obituaries – Augusto Roa Bastos
Kategorie:Paraguane Kategorie:Skrywers Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 2005