Sorel is 'n dorp in Sentraal-Quebec, by die samevloeiing van die Richelieurivier met die Saint-Laurentrivier. Saam met die dorp Tracy vorm dit die stad Sorel-Tracy met 'n bevolking van 34 702 (2006).
Sorel is die vierde oudste stad in Kanada, en hier is op die Kersaand van 1781 vir die eerste keer in Noord-Amerika 'n kersboom getooi.
Kategorie:Nedersettings in Quebec