chloor – argon NeArKr 250px|Argon in die periodieke tabelVolledige tabel Naam, Simbool, Getal Argon, Ar, 18 Chemiese reeks edelgasse Groep, Periode, Blok 18 (VIIIA), 3 , p Digtheid, Hardheid 1.784 kg/m3 (273 K), NVT Voorkoms kleurloos125px| Atoomgewig 39.948 ame Atoomradius (ber.) geen data (71) pm Kovalente radius 97 pm van-der-Waalsradius 188 pm Elektronkonfigurasie [Ne]3s2 e− e per energievlak 2, 8, 8 Oksidasietoestande (Oksied) 0, +2 (in skaars omstandighede) Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd Toestand van materie gas (nie-magneties) Smeltpunt 83.8 K (−153.7 °C °C) Kookpunt 87.3 K (−150.2 °C) Verdampingswarmte 6.447 kJ/mol Smeltingswarmte 1.188 kJ/mol Dampdruk Geen data Pa Spoed van klank 319 m/s teen 293.15 K Elektronegatiwiteit geen data (Pauling skaal) Spesifieke warmtekapasiteit 520 J/(kg*K) Elektriese geleidingsvermoë geen data Termiese geleidingsvermoë 0.01772 W/(m*K) 1ste ionisasiepotensiaal 1520.6 kJ/mol 2de ionisasiepotensiaal 2665.8 kJ/mol 3de ionisasiepotensiaal 3931 kJ/mol 4de ionisasiepotensiaal 5771 kJ/mol 5de ionisasiepotensiaal 7238 kJ/mol 6de ionisasiepotensiaal 8781 kJ/mol 7de ionisasiepotensiaal 11995 kJ/mol 8ste ionisasiepotensiaal 13842 kJ/mol iso NV halfleeftyd VM VE MeV [nie SI] VP 36Ar 0.336% Ar is stabiel met 18 neutrone 38Ar 0.063% Ar is stabiel met 20 neutrone 39Ar sin. 269 y β- 0.565 39K 40Ar 99.6% Ar is stabiel met 22 neutrone 42Ar sin. 32.9 j β- 0.600 42K
Argon is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ar en atoomgetal 18. Argon is die derde edelgas in groep 18 en maak ongeveer 1% van die Aarde se atmosfeer uit.
Kenmerkende eienskappe Argon is 2,5 keer meer oplosbaar in water as stikstof wat dit ongeveer net so oplosbaar soos suurstof maak. Hierdie hoogs stabiele chemiese element is kleurloos en reukloos in beide vloeibare en gasvorm. Daar is geen egte chemiese verbinding wat argon bevat nie – een van die redes waarom dit voorheen 'n inerte gas genoem is. Die sintese van argonhidrofluoried (HArF), 'n hoogs onstabiele verbinding van argon met fluoor, is deur navorsers by die Universiteit van Helsinki in 2000 gerapporteer, maar die bestaan daarvan is nog nie onafhanklik bevestig nie.
Alhoewel geen chemiese verbindings van argon bestaan nie, kan argon klatrate met water vorm wanneer atome daarvan in 'n netwerk van watermolekules vasgevang word. Teoretiese berekeninge op rekenaar het gewys dat verskeie stabiele argonverbindings teoreties behoort te kan bestaan, maar daar is egter nog geen manier om dit te sintetiseer nie.
Aanwendings Argon word in beligting gebruik, aangesien dit selfs by hoë temperature nie reageer met die filament in 'n gloeilamp nie. Dit word ook gebruik waar diatomiese stikstof nie geskik is as (semi-)inerte gas nie. Ander gebruike sluit in:
Word gebruik as gasskerm vir baie sweistegnieke, insluitend MIG asook TIG (Engelse afkorting behou om verwarring te voorkom) vir gebruik as nie-reaktiewe kombers in die vervaardiging van titaan en ander reaktiewe elemente. vir 'n beskermende atmosfeer waarin silikon- en germaniumkristalle gegroei kan word. Argon-39 is al gebruik vir geologiese studies, hoofsaaklik vir studie van yskerne. Dit is ook al gebruik vir grondwaterdatering. Krio-snykundige (Kriogeniese snykunde) prosedures soos kriogeniese verwydering gebruik vervloeide argon om kankerselle te vernietig. Argon word ook gebruik in tegniese skubaduik om 'n droë pak op te blaas, vanweë sy onreaktiewe hitte-isolasie effek.
Geskiedenis Henry Cavendish het in 1785 vermoed dat argon (Grieks argos wat "onaktief" beteken) in lug teenwoordig was, maar dit is eers in 1894 deur Lord Rayleigh en Sir William Ramsay ontdek.
Verspreiding Die gas kan vanuit lug herwin word deur fraksionering van vloeibare lug aangesien die atmosfeer ongeveer 0,934% op 'n volumebasis bevat (1,29% op 'n massabasis). Die atmosfeer van Mars bevat daarteenoor ongeveer 1,6% Ar-40 en 5 dpm Ar-36. In 2005 het die Huygens ruimteverkenningstuig ook die teenwoordigheid van Ar-40 op Titaan, die grootste maan van Saturnus, ontdek. .
Verbindings Argon, en die ander edelgasse, is voor 1962 algemeen as chemies inert beskou wat nie in staat is om verbindings met ander stowwe te vorm nie. Wetenskaplikes het sedertdien egter verbindings van die swaarder edelgasse voorberei. In 2000 is die eerste argon verbinding deur navorsers by die Universiteit van Helsinki voorberei. Deur 'n ultraviolet lig op bevrore argon wat 'n klein hoeveelheid waterstof-fluoried bevat het, was hulle in staat om argonwaterstof-fluoried (HArF) te sintetiseer. Die eksperimentele resultate is skynbaar nog nie onafhanklik bevestig nie.
Isotope Die hoof-isotope van argon wat op Aarde gevind word is Ar-40, Ar-36 en Ar-38. K-40 wat natuurlik voorkom en 'n halfleeftyd van 1,250 x 109 jaar het, verval deur elektronvangs en positronvrystelling na stabiele Ar-40 (11,2%), asook na stabiele Ca-40 (88,8%) deur betaverval. Hierdie eienskappe en verhoudings word gebruik om die ouderdom van rotse te bepaal.
In die Aarde se atmosfeer word Ar-39 gemaak deur die inwerking van kosmiese straling op Ar-40. Ondergronds word dit ook geskep deur die neutronvangs deur K-39 of alfa-emissie deur kalsium. Argon-37 word geskep deur die verval van kalsium-40 as gevolg van ondergrondse kernontploffings. Dit het 'n halfleeftyd van 35 dae.
Verwysings Los Alamos National Laboratory – Argon
Eksterne skakels
WebElements.com – Argon EnvironmentalChemistry.com – Argon Diving applications: Why Argon? Argon Ar Properties, Uses, Applications
Kategorie:Chemiese elemente Kategorie:Edelgasse Kategorie:Argon