Waray-Waray (Winaray, Samareño, Lineyte-Samarnon, Binisayâ nga Winaray, Binisayâ nga Samar-Leyte of Binisayâ nga Waray) is na Tagalog (met Filippyns, as amptelike taal), Cebuano, Ilokano en Hiligaynon die vyfde belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die sentrale dele van die Filippyne gepraat, spesifiek in die provinsies van Samar, Noord-Samar, Oos-Samar, Biliran en Leyte in die eilandgroep van die Visayas.
Die taal se naam is afkomstig van die woord "waray", wat gereeld deur nie-sprekers gehoor word. Dit beteken "nie", "niks" of "geen".
Sien ook Waray-Waray Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van die Filippyne