Kepler-452 is ’n G-tipe-hoofreeksster, nes die Son, sowat 1 400 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Swaan. Dit het byna dieselfde temperatuur as die Son, maar is 20% helderder, 10% groter en het ’n 4% groter massa. Dit is ook 1,5 miljard jaar ouer as die Son, dus sowat 6 miljard jaar oud.

Die eksoplaneet Kepler-452b, wat in die bewoonbare sone van die ster voorkom, is in Julie 2015 deur die Kepler-ruimteteleskoop ontdek.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:Kepler-voorwerpe Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:G-tipe hoofreekssterre