Die DJJ1 "Blue Arrow" (Vereenvoudigde Sjinees: 蓝箭; Tradisionele Sjinees: 藍箭) is 'n soort hoëspoed tweerigtingtrein wat deur China Railways gebruik is. Dit is in 2000 deur Zhuzhou Electric Locomotive Works vervaardig en was tot in 2012 in gebruik gewees.

Oorsig Agt DJJ1-stelle is gebou. Elke stel bestaan uit 'n lokomotiefeenheid met 6 passasierswaens, wat 421 passasiers kan dra.

Al 8 treine is deur Guangzhou Zhongche besit en aan Guangshen Railway verhuur.

Aanvanklik het alle DJJ1-treine tussen Guangzhou en Shenzhen geloop, maar sedert Julie 2007 slegs tussen Shaoguan en Pingshi. Hulle is in November 2012 uit diens onttrek.

Verwysings Zhuzhou se produkspesifikasie

Kategorie:Treine