Sir Charles Bullen Hugh Mitchell (1836 – 7 Desember 1899) was 'n Goewerneur van Natal. Hy het sy opleiding oorspronklik in die Britse Vloot ondergaan. Hy sluit in 1852 by die Royal Marines aan en veg in die Krimoorlog. Hy arriveer in 1877 vir die eerste keer in Natal en werk as koloniale sekretaris. In 1889 word hy die Goewerneur van Natal. Hy is in Desember 1899 in Singapoer oorlede. Die dorp Charlestown is na hom genoem.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal

Kategorie:Britse goewerneurs Kategorie:Britse militariste Kategorie:Kolonels Kategorie:Geboortes in 1836 Kategorie:Sterftes in 1899