John Campbell (1766 – 1840) was 'n dominee, sendeling, reisiger en direkteur van die Londense Sendinggenootskap. Hy is in Skotland gebore. In 1812 inspekteer hy hul plaaslike poste aan die Kaapkolonie en het twee jaar lank rondgereis. Hy het reisverhale die lig laat sien waaronder ook beskrywings van Betsjoeanaland wat in 1822 gepubliseer is. Die dorpie Campbell is na hom genoem.
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal Eybers, G.W.: Op die voetspoor van die ou reisigers - stories uit Kolbe, Barrow, Lichtenstein en Campbell. Kaapstad: Maskew Miller, 1926.
Kategorie:Britse predikante Kategorie:Skotse ontdekkingsreisigers Kategorie:Skotse sendelinge Kategorie:Filantrope Kategorie:Goudsmede Kategorie:Geboortes in 1766 Kategorie:Sterftes in 1840