Dr. Johannes Nicolas Malan (1903–1981), beter bekend as Nico Malan, was 'n Suid-Afrikaanse prokureur, politikus en die administrateur van Kaapland.Hart, R. 2010. Dr J.N. Malan. Now and Then: Newsletter of the Historical Society of Kimberley and the Northern Cape 18(2):7
Malan is op 8 Augustus 1903 in Fort Beaufort gebore en is op 2 April 1981 in sy geboortedorp oorlede.Ter verdediging van Nico Malan , Die Burger, 6 November 1998
Hy word op 28 April 1960 die waarnemende administrateur van die Kaapprovinsie, maar is op 28 April 1960 permanent in die pos aangestel. Na sy aanstelling het hy, ter wille van neutraliteit, sy persoonlike lidmaatskap as 'n dienende lid van die Nasionale Party opgesê. Hy was die administrateur tot 1 Junie 1970, waarna Andries Hendrik Vosloo die leisels by hom oorgeneem het.
duimnael|links|Die gedenkplaat in die voorportaal van die Hoërskool Groote Schuur, wat administrateur Malan op 17 Junie 1964 ingewy het. Op 17 Junie 1964 het hy die nuwe gebou van die Hoërskool Groote Schuur ingewy. Sy vrou het die skoolgebou oopgesluit en hy het die hoeksteen in die voorportaal onthul.
In 1968 is ereburgerskap van Kimberley aan hom toegeken.
Dit was een van Malan se ideale om die eerste skouburg (teaterkompleks) in Suid-Afrika te bou. Sy droom is bewaarheid en die Nico Malan-teater is in 1971 geopen. In Maart 2001 is dit hernoem na die Kunstekaap-teatersentrum, toe Kruik met die Kunstekaap-geselskap vervang is.Behou die naam Nico Malan, Die Burger, 11 November 1998
Sien ook Nico Malanpas, bergpas tussen Queenstown en Fort Beaufort. Kunstekaap-teatersentrum, vroeër die Nico Malan-teater.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1903 Kategorie:Sterftes in 1981