Capitec Bank is 'n Suid-Afrikaanse handelsbank wat in Stellenbosch, Wes-Kaap gestig is, en waarvan die hoofkantoor nog steeds daar gebasseer is. Addisionele operasionele takke is in Bellville en Johannesburg geleë.Korporatiewe profiel op Google Finance. URL besoek op 15 Junie 2015. Dit is een van die plaaslikbeheerde banke wat deur die Reserwebank, wat Suid-Afrikaanse banke reguleer, gelisensieer is.Lys van finansiële instellings in Suid-Afrika . URL besoek op 15 Junie 2015. Dit het op 1 Maart 2001 tot stand gekom en is op 18 Februarie 2002 op die JSE genoteer.About Us URL op 20 Desember 2019 besoek
Capitec is deur Jannie Mouton, Michiel le Roux en Riaan Stassen gestig. Capitec het vier grondbeginsels: Eenvoud, waarde vir geld, toegangklikheid en kliëntervaring.
Oorsig Capitec word as 'n kleinhandelsbank bedryf met die doel om bankwese te vereenvoudig. Hulle bedien individuele kliënte en besighede, maar bied nie besigheidsbankdienste vir beslote korporasies, maatskappye, vennootskappe of trusts nie. Die bank se hoof-finansiële beampte, André du Plessis, het in 2019 berig dat hulle 840 handelstakke (14 meer as 2018) landswyd bedryf met meer as 300 banktakke wat Sondae sake doen. Capitec het oor die 3 418 OTM's (hulle eie en deur vennootskappe) en 12,6 miljoen aktiewe kliënte.Capitec wil nog personeel aanstel Van hierdie kliënte is 2,9 miljoen aktiewe toepgebruikers en 4,7 miljoen gebruik USSD-kodes. Capitec het ook meer as 360 000 aktiewe begrafnispolisse.
Die bank bied 'n Global One-rekening, wat transaksie-, spaar-, kredietfasiliteite en 'n kredietkaat in 'n enkele produk aan kliënte bied. Capitec se bruto leningsboek staan op R60,25 miljard. R2,16 miljard van die lenings is drie maande of minder agterstallig. 4,7 miljoen van Capitec se kliënte het nou saam R81,4 miljard se deposito's by die bank.
Capitec het in 2019 Mercantile Bank vir R3,2 miljard by Caixa Geral de Depósitos, 'n Portugese bank, aangekoop met die oog op besigheidsbankdienste. Verkryging van Mercantile Bank en filiale daarvan
Sien ook PSG ABSA Standard Bank FNB Nedbank
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse banke Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye