Die Poetoranaplato (Russies: плато Путорана) of die Poetoranagebergte is ’n hoogliggende, bergagtige gebied in die noordweste van die Sentraal-Siberiese Plato, suid van die Taimir-skiereiland. Die hoogste berg in die reeks is Berg Kamen (1 700 m bo die seevlak).

Beskrywing Die plato bestaan uit die Siberiese Trappe. Die naaste groot nedersetting is die geslote stad Norilsk. Van die wêreld se grootste bekende nikkelneerslae kom hier voor. Rusland se geografiese middelpunt, die Wiwimeer, is op die plato geleë, asook na bewering die hoogste waterval in Asië, die Talnikowiwaterval.

Die mere in die gebied is groot en vorm hele ekostelsels wat oor baie tientalle kilometers strek. Die naam “Poetorana” kom uit die taal van die Evenke en kan vertaal word as "land van mere met steil oewers". Daar is meer as 25 000 mere van tussen 180 en 420 m diep, en ná die Baikalmeer vorm hulle saam die grootste hoeveelheid vars water in Rusland.

Die Poetorana-natuurreservaat is in 1988 gestig om die wêreld se grootste trop rendiere asook sneeuskape te beskerm. Dit word uit Norilsk geadministreer en in is 1 887 251 ha groot.

Die plato is sedert 2010 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste van die Poetorana-natuurreservaat Reisgids vir die Poetoranaplato

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Siberië Kategorie:Bergreekse in Rusland Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland