Die Geodetiese Boog van Struve strek van Hammerfest in Noorweë tot aan die Swartsee en is die eerste akkurate meting van ’n meridiaan.Noorweegse Direktoraat van Kulturele Erfenis, Dronningensg 13, Posbus 8196, Dep. 0034, Oslo, Noorweë (2005), Norwegian Points on The Struve Geodetic Arc (pamflet) Dit is 2 820 km lank en loop deur 10 verskillende lande. Die doel daarvan was om betroubare berekeninge te maak oor die vorm en grootte van die aarde deur middel van die noukeurige opmeting van groter afstande op die oppervlak van die planeet.

By ’n geodetiese boog word gebruik gemaak van driehoeksmeting om die presiese afstand tussen twee punte vas te stel. Deur die herhaling van die metode kan ’n ketting van metings oor groot afstande opgebou word.

Beskrywing duimnael|links|Die gebiede waardeur die boog loop. Die Boog van Struve het 265 meet- en waarnemingspunte gehad wat tot tientalle kilometers uit mekaar gelê het, en is aangedui met onder meer gate in rotse, ysterkruise, stene en obeliske. Van hulle bestaan 34 nog en hulle vorm ’n tasbare herinnering aan dié enorme projek.

Die boog is genoem na die sterrekundige Friedrich Georg Wilhelm von Struve. Onder sy toesig is tussen 1816 en 1855 altesaam 258 driehoeke bereken. Die boog is ’n opmerklike voorbeeld van samewerking tussen wetenskaplikes uit verskillende lande en tussen verskillende staatshoofde.

In 2005 is die 34 nog herkenbare punte van die Geodetiese Boog van Struve (en daarmee die projek self) op die Unesco-wêrelderfenislys geplaas.

Lande Die boog het aanvanklik net deur Swede-Noorweë en die Russiese Keiserryk geloop, maar eindelik deur die volgende 10 lande, die meeste van enige Unesco-wêrelderfenisgebied: Noorweë Swede Finland Rusland Estland Letland Litaue Belarus Moldowa Oekraïne

Verwysings

Eksterne skakels By Unesco

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Litaue Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Letland