duimnael|Die Geesteswetenskappegebou by die hoofingang na die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria. Op die voorgrond, links, is die Merensky-2-biblioteek.

Die Fakulteit Geesteswetenskap het in 1977 ’n permanente tuiste gevind toe dié indrukwekkende gebou, ontwerp deur alumnus Brian Sandrock, ingewy is. Die gebou is as ’n unieke wyebeenkonstruksie bo-oor Roperstraat gebou, omdat die stadsraad aanvanklik nie bereid was om die straat te sluit nie.

Dit huisves 29 lesingsale met sitplek vir 2 733 studente en 15 seminaarkamers. Die gebou het ten tye van sy inwyding kantoorspasie aan nagenoeg 400 personeellede verskaf, wat ’n kwart van die totale lesing- en kantoorruimte op kampus behels het. Roperstraat is eers in 1993 finaal vir die publiek gesluit.Universiteit van Pretoria: Kampusgebouegids, 2008, besoek op 29 Mei 2015

Verwysings

Kategorie:Universiteit van Pretoria Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria