duimnael|300px|Kliëntedienssentrum by die hoofingang na die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria.

Die Kliëntedienssentrum (KDS) van die Universiteit van Pretoria, ook bekend as die “Vistenk” vanweë sy buitekant wat geheel en al uit glas bestaan, is ontwerp deur UP-alumnus, Samuel Pauw. Die gebou wat elemente van Neo-Industrialisme toon, was ontwerp om die spasie tussen die unieke wyebeenkonstruksie van die Geesteswetenskappegebou te vul. Konstruksie het in 2001–2002 plaasgevind.

Vandag is die KDS ’n sentrum vir studenteadministrasie by die hoofingang van die universiteit en dit huisves verskeie dienste wat voorheen dwarsoor die kampus versprei was.Universiteit van Pretoria: Kampusgebouegids, 2008, besoek op 29 Mei 2015

Verwysings

Kategorie:Universiteit van Pretoria