duimnael|links|Skagerrak en Kattegat Die Skagerrak (Deens: [ˈsɡ̊æɪ̯ˀɐʁaɡ̊]; Noors: [ˈskɑːɡərɑk]; Sweeds: [ˈskɑːɡərak]) is 'n gedeelte van die Noordsee, wat begrens word deur Denemarke (Jutland) in die suide, Noorweë in die noorde en Swede (Bohuslän) in die ooste.
In die suidooste is die Skagerrak verbind met die Kattegat, waarlangs die Sont en vervolgens die Oossee bereik kan word. By die plek waar Skagerrak en Kattegat mekaar ontmoet (Grenen, tewens die noordelikste punt van Denemarke) is die vissersdorp Skagen geleë, waaraan die see sy naam ontleen.
Die Slag van Jutland tussen die Duitse en Britse vlote, een van die grootste seegevegte van die Eerste Wêreldoorlog, het hier op 31 Mei 1916 plaasgevind.
Sien ook Skandinawië
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Denemarke Kategorie:Geografie van Noorweë Kategorie:Geografie van Swede Kategorie:Noordsee Kategorie:Seestrate