Michael van der Spuy (*20 Februarie 1991, Bethlehem) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs op Senter speel in die Superrugbyreeks en vir die Griekwas in die Curriebekerreeks.
Loopbaan Jeug Van der Spuy het in 2010 vir die Westelike Provinsie se o/19-span uitgedraf in die provinsiale kampioenskap en in 2011 en 2012 vir die o/21-span van die Westelike Provinsie.
Westelike Provinsie Hy het sy eersterangse debuut vir die Westelike Provinsie gedurende die 2011 Vodacombeker gemaak in ’n wedstryd teen die Pumas en het binne sewe minute ’n drie gedruk. Hy het in nog een wedstryd as plaasvervanger gespeel, hierdie keer teen die Luiperds.
’n Paar maande later het hy sy Curriebekerdebuut gemaak in die 2011 Curriebekerseisoen toe hy as plaasvervanger teen die Goue Leeus op die veld gedraf het in Johannesburg. Dit was sy enigste Curriebekerwedstryd in 2011 omdat hy in die res van die seisoen vir die o/21-span gespeel het.
In die volgende seisoen (2012) het Van der Spuy in agt wedstryde in die Vodacombeker gespeel en een drie gedruk. Hy is egter beseer en kon nie in die Curriebekerkompetisie speel nie.
In 2013 het Van der Spuy weer in agt wedstryde gespeel in die Vodacombeker en drie drieë gedruk en hy is ingesluit in die span vir die 2013 Curriebeker Premierafdeling.
Griekwas Voor die aanvang van die 2015-seisoen het Van der Spuy hom by die Griekwas aangesluit.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense