Die Sasol-tydren is 'n internasionale tydren wat deur die Suid-Afrikaanse Motorsportklub (SAM) georganiseer word in die Mpumalangaprovinsie in Suid-Afrika. Die byeenkoms is tans 'n rondte van die Afrika-tydrenkampioenskap en die Suid-Afrikaanse tydrenkampioenskap.
Die byeenkoms is die eerste keer in 1992 gehou as 'n rondte van die Suid-Afrikaanse tydrenkampioenskap en plaaslike bestuurders het die geskiedenis oorheers. Die byeenkoms het in 2011 internasionale status verkry met Suid-Afrika se hertoetrede tot die Afrika-tydrenkampioenskap. Die veelvuldige Suid-Afrikaanse kampioen, Jan Habig, is die suksesvolste bestuurder in die tydren se geskiedenis met ses oorwinnings in die agt jaar van 1999 tot 2006, elke keer in 'n Volkswagen Polo. Enzo Kuun en Serge Damseaux het elk vier oorwinnings behaal.
Wennerslys JaarWennerMotor 1992 Sarel van der Merwe Ford Laser 1993 Sarel van der Merwe Ford Laser 1994 Enzo Kuun Ford Laser 1995 Serge Damseaux Toyota Conquest 1996 Serge Damseaux Toyota Conquest 1997 Enzo Kuun Daewoo Cielo 1998 Serge Damseaux Toyota Conquest 1999 Jan Habig Volkswagen Polo 2000 Jan Habig Volkswagen Polo 2001 Jan Habig Volkswagen Polo 2002 Enzo Kuun Volkswagen Polo 2003 Jan Habig Volkswagen Polo 2004 Jan Habig Volkswagen Polo 2005 Serge Damseaux Toyota RunX 2006 Jan Habig Volkswagen Polo 2007 Johnny Gemmell Toyota RunX 2008 Enzo Kuun Volkswagen Polo 2009 Johnny Gemmell Toyota Auris 2010 Enzo Kuun Volkswagen Polo 2011 Leeroy Poulter Toyota Auris 2012 Mark Cronje Ford Fiesta S2000 2013 Mark Cronje Ford Fiesta S2000 2014 Leeroy Poulter Toyota Yaris S2000 2015 Mark Cronje Ford Fiesta S2000 2016 Leeroy Poulter Toyota Yaris S2000 2017 Japie Van Niekerk Ford Fiesta S2000 2018 Manvir Singh Baryan Škoda Fabia R5
Bron, gedeeltelik uit:
Kategorie:Motorsport in Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Tydren