Die Faroëreilande (Faroëes: Føroyar, [ˈfœɹjaɹ], ; Deens: Færøerne, [ˈfeɐ̯ˌøˀɐnə]) is ’n Wes-Europese eilandstaat en argipel tussen die Noorse See en die Noord-Atlantiese Oseaan. Saam met Denemarke en Groenland vorm dit die Koninkryk van Denemarke.
duimnael|links|Die klein nedersetting Kirkjubøur op die eiland Streymoy. Aan die linkerkant is die oudste steeds bewoonde houtgebou op aarde wat uit die 11de eeu dateer duimnael|links|Die dorpie Fámjin op Suðuroy is tussen kranse geleë Die totale landoppervlakte is ongeveer 1 400 km² in 'n seegebied van 2740 km², met ’n bevolking van 54 000 (in 2023) van wie ’n groot deel in die hoofstad Tórshavn bly. Sowat 90 persent van die bevolking is lede van die Evangelies-Lutherse kerk. Die plaaslike Noord-Germaanse dialekte, verwant aan Yslands, vorm saam ’n aparte taal, gestandaardiseer as Faroëes.
Die Faroëreilande is sedert 1948 ’n selfregerende land binne die Deense koninkryk. Oor die loop van jare het die Faroërs beheer begin neem oor binnelandse sake. Gebiede, wat nog onder Deense verantwoordelikheid is, sluit militêre verdediging, polisie, justisie, geldeenheid en buitelandse sake in. Die Faroëreilande het ook verteenwoordigers in die Nordiese Raad as lede van die Deense afvaardiging.
Die Faroëreilande is met Denemarke en Noorweë geassosieer en deur hulle belas tot 1814, toe Noorweë onder die koningskap van Swede gekom het. Skandinawië was in politieke beroering na die Sesde Koalisieoorlog van die Napoleontiese Oorloë, toe die Verdrag van Kiel, wat in 1814 onderteken is, die beheer van die Faroëreilande, Ysland en Groenland aan Denemarke bemaak het. Die Deense handelsmonopolie het in 1856 geëindig.
Die naam Faroër beteken ‘skape-eilande’ en is afkomstig van Oudnoors Fǽreyjar (øer is Deens vir ‘eilande’, dus is die naam Faroëreiland eintlik ’n pleonasme).
Etimologie Die Faroëse naam is Føroyar. Oyar is die meervoud van oy, die Oudfaroëse woord vir "eiland". As gevolg van klankveranderinge is die moderne Faroëse woord vir eiland oyggj. Die eerste element før reflekteer dalk die Oudnoorse woord fær ("skaap"), hoewel hierdie ontleding soms betwis word omdat Faroëes nou die woord seyður (van Oudnoors sauðr) gebruik om na skape te verwys. 'n Ander moontlikheid is dat die Ierse monnike, wie hulle rondom 625 op die eilande gevestig het, aan die eilande reeds 'n naam gegee het wat verband hou met die Gaeliese woord fearann wat "land" of "boedel" beteken. Dié naam is dan dalk deur die Noorse settlars oorgeneem, wat toe oyar ("eilande") bygevoeg het. Die naam vertaal dus as óf "eilande van skape" óf "land-eilande".
In Afrikaans kan dit as 'n toutologie beskou word om "Faroëreilande" te sê, aangesien die oe van 'n element afkomstig is wat "eiland" beteken.
Geografie duimnael|links|Die onbewoonde eiland Lítla Dímun duimnael|’n Nasa-satellietbeeld van die Faroëreilande duimnael|Kaart van die Faroëreilande Die Faroër-eilandgroep bestaan uit 18 groot eilande wat dig by mekaar geleë is en net deur see-engtes en fjorde van mekaar geskei word. Die eilande is ongeveer 655 km weg van die kus van Noord-Europa, tussen die Noorse See en die Noord-Atlantiese Oseaan, ongeveer halfpad tussen Ysland en Noorweë asook Skotland geleë. Die naaste bure is die Skotse Shetland-eilande sowat 300 kilometer suid-oos van die Faroëreilande. Die koördinate is .
Die oppervlak is 1 393 vierkante kilometer en daar is geen groot mere of riviere nie. Daar is 1 117 km se kuslyn. Die enigste ander noemenswaardige onbewoonde eiland is Lítla Dímun. Die eilande is ruig en rotsagtig met ’n paar lae pieke; die kus is hoofsaaklik rotse. Die hoogste punt is Slættaratindur, 882 m bo seespieël.
Die Faroëreilande word gedomineer deur toleiitiese basaltlawa wat deel was van die groot Thuleaanse Plato gedurende die Paleogeen-tydperk. Brose tektoniek in verhouding tot die Palaeogean-evolusie van die Thuleaanse/NO Atlantiese domein: ’n studie in Ulster , besoek op 10 November 2007
Die eilande Die sewentien bewoonde eilande van die Faroëreilande is:
Streymoy — Eysturoy — Vágar — Mykines — Suðuroy — Stóra Dímun — Skúvoy — Sandoy — Hestur — Koltur — Nólsoy — Borðoy — Kalsoy — Kunoy — Viðoy — Svínoy — Fugloy.
Die agtiende, onbewoonde eiland is Lítla Dímun. Daar is ook ’n groot aantal kleiner onbewoonde eilandjies en skere. Sommige van die groter eilande word deur dyke met mekaar verbind, terwyl ander oor veerbootroetes beskik.
Die hoofstad van die eilande, Tórshavn, is geleë op die grootste eiland, Streymoy. Die eiland is met ’n damwal verbind met die tweede grootste eiland, Eysturoy. Vanaf Borðoy loop ’n damwal na sowel Viðoy as Kunoy. Hierdie drie eilande vorm saam met Kalsoy, Svínoy en Fugloy die Noordeilande. Die nasionale lughawe van die Faroër is op Vágar geleë, sodat lugpassasiers wat na Tórshavn op pad is ook ’n veerbootrit moet onderneem.
Die mees westelike eiland Mykines is beroemd vir sy papegaaiduikerbevolking. Die hele argipel het origens ’n ryk voëllewe: die styl, rotsagtige kus maak die neste onbereikbaar vir vyande.
Afstande na naaste lande en eilande duimnael|Suðuroy, die mees suidelike eiland Noord-Rona, Skotland (onbewoon): 260 km Shetland (Foula) (Skotland): 285 km Orkney (Westray) (Skotland): 300 km Skotse vasteland: 320 km Ysland: 450 km Ierland: 670 km Denemarke: 990 km
’n Volle sonsverduistering was op 20 Maart 2015 vanaf die Faroëreilande sigbaar gewees. Total Solar Eclipse of 2015 Mar 20
Klimaat duimnael|Klimaatdiagram van die hoofstad Tórshavn Volgens die klimaatklassifikasie van Köppen het die Faroëreilande 'n subarktiese seeklimaat (Cfc). Die algehele karakter van die eilande se klimaat word beïnvloed deur die sterk verwarmende invloed van die Atlantiese Oseaan wat die Noord-Atlantiese Stroom voortbring. Dit, tesame met die afgesonderdheid van enige bron van warm lugstrome, verseker dat winters middelmatig is (met 'n gemiddelde temperatuur van tussen 3,0 en 4,0 °C) terwyl somers koel is (gemiddelde temperatuur tussen 9,5 en 10,5 °C).
Die eilande is winderig, wolkerig en koel regdeur die jaar met meer as 260 jaarlikse reëndae. Die eilande lê in die pad van depressies wat noordoos beweeg en dit beteken dat sterk winde en swaar reën enige tyd van die jaar verwag kan word. Sonnige dae is skaars en bewolkte dae is algemeen. Die eilande is op 5 September 1966 deur die Orkaan Faith getref met volgehoue winde van meer as 160 km/h en die storm was eers daarna nie meer ’n tropiese stelsel nie. GHCN Klimaatdata, Thorshavn-reeks 1881 tot 2007
Die registrasie van weerkundige gegewens op die Faroëreilande het in 1867 begin. Plantproduksie op ’n Faroëse plaas 1813–1892, verwant aan klimaatskommelings
Flora duimnael|Die Dotterblomme (Caltha palustris) is algemeen in die Faroëreilande in Mei–Junie Die natuurlike plantegroei van die Faroëreilande word gedomineer deur Arkties-Alpse plante, wilde blomme, grasse, mos en korsmos. Die meeste van die laaggeleë area is grasvelde met ’n bietjie heide en word gedomineer deur struike (hoofsaaklik Calluna vulgaris). Onder die kruidagtige flora wat in die Faroëreilande voorkom is die kosmopolitiese Kaaljonker (Cirsium palustre). C. Michael Hogan. 2009 Kaaljonker: Cirsium palustre, GlobalTwitcher, ed. N. Stromberg
Ondergrondse steenkoollae onder die jongste basaltlae op Suðuroy dui daarop dat die eiland vroeër bebos was. Tans is die Faroëreilande, net soos die eilande van Skotland, 'n boomlose gebied, met uitsondering van Tórshavn se stadspark en enkele tuine. Weens die gebrek aan bome is hout 'n gewilde invoerproduk. Vroeër is turf as brandstof gebruik omdat dryfhout skaars was en vir die bou van huise en bote benodig is.
’n Paar klein plantasies met plante wat in soortgelyke klimate soos Tierra del Fuego in Suid-Amerika en Alaska versamel is, gedy op die eilande.
Fauna Voëls duimnael|Faroese papegaaiduikers is baie algemeen en is deel van die plaaslike kookkuns Die voëlfauna van die Faroëreilande word gedomineer deur seevoëls en voëls is getrokke tot oop land soos struikagtige gebiede, waarskynlik weens die gebrek aan bosagtige en ander geskikte habitatte. Baie spesies het spesifieke Faroëse subspesies ontwikkel: eider, Europese spreeu, winterkoninkie, duikhoender en swartduikhoender. Die Faroëse Fauna Die witbontraaf was endemies aan die Faroëreilande, maar is nou uitgesterf.
Soogdiere Slegs ’n paar wilde dierspesies word vandag in die Faroëreilande gevind en is almal deur die mens daarheen gebring. Veral drie spesies gedy vandag op die eilande: die sneeuhaas (Lepus timidus), die bruin rot (Rattus norvegicus) en die huismuis (Mus domesticus). Buiten hierdie was daar ook eens ’n plaaslike inheemse skaapras genaamd Faroërs (afgebeeld op die wapenskild), en tot die middel van die 19de eeu het verskeie wilde skape op Lítla Dímun oorleef.
Grys seehonde (Halichoerus grypus) is algemeen rondom die kuslyn. Die waters om die Faroëreilande is die habitat van verskeie walvisagtige spesies. Die bekendste is die langvinloodswalvis (Globicephala melaena) wat steeds jaarliks gejag word deur die eilandbewoners in ooreenstemming met ’n lang plaaslike tradisie. Earth First-webblad Skaars moordvisse (Orcinus orca) word ook soms gesien in die Faroëse fjords.
Huisdiere Die huisdiere van die Faroëreilande is ’n gevolg van 1 200 jaar se geïsoleerde teling. Die gevolg is dat baie van die eilande se mak diere nêrens anders ter wêreld gekry word nie. Faroëse huishoudelike dierrasse sluit in Faroërponie, Faroërbees, Faroërskaap, Faroërgans en Faroëreend.
Natuurgeskiedenis en biologie Danksy befondsing deur NAVO, die Britse Museum (afdeling vir natuurgeskiedenis) en die Carlsberg-stigting is Faroëse see-alge tydens ’n opname versamel. Hulle word tans in die Ulstermuseum bewaar (katalogusnommers: F3195-F3307). Dit is een van tien exsiccatae-stelle.
Geskiedenis duimnael|links|Die Faroëreilande soos gesien deur die Franse navigator Yves-Joseph de Kerguelen de Trémarec in 1767 duimnael|Erfenis uit die Wikings-tydperk: 'n tipiese draakkop-versiering aan 'n Faroëse roeiboot duimnael|links|Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde Koninkryk die Faroëreilande beset en hul hoofkwartier in die ou fort Skansin opgestel duimnael|FÆROARUM – Prima & accurata delineatio. Die oudste bekende kaart van die Faroëreilande het Lucas Jacobson Debes in 1673 geskep Gaeliese heremiete en monnike van ’n Iro-Skotse sending het in die 6de eeu op die Faroëreilande gevestig en die vroeë Ierse taal na die argipel gebring. Sint Brandaan, ’n Ierse monastieke heilige wat van ongeveer 484–578 geleef het, het die Faroëreliande op twee of drie geleenthede (tussen 512–530) besoek. Hy het twee van die eilande Skaapeiland en Paradyseiland van Voëls genoem.
Later (omstreeks 850) het Noorweërs hulle op die eilande gevestig en die Oudnoorse taal ingebring wat ontwikkel het tot die moderne Faroëse taal wat vandag daar gepraat word. Volgens die Yslandiese Sagas soos die Færeyjarsaga is een van die bekendste mense in die antieke Faroëreilande Tróndur í Gøtu wat afstam van sommige van die Skandinawiese krygsowerstes wat hulle in Dublin, Ierland gevestig het. Tróndur het die slag teen Sigmund Brestursson, die Noorse monarg, en die Noorse kerk gelei.
Hierdie setlaars kom nie direk van Skandinawië af nie, maar eerder van Noorse gemeenskappe wat in en om die Ierse See, Noordelike Eilande en Buite-Hebride van Skotland, insluitend die Shetland- en Orkney-eilande en Noors-Gaeliese gebiede. Die ou Gaeliese naam vir die Faroëreilande, Na Scigirí beteken die Skeggjar en verwys waarskynlik na die Eyja-Skeggjar (Eilandbaarde), ’n bynaam wat aan die eilandbewoners gegee is. Die bogenoemde teorieë is spekulatief en word deur geen argeologiese getuienis gegrond nie. Die immigrasie van Noorse Wikings is egter goed gedokumenteer. Randburg.com webblad Volgens die Faroëse Regering stam die Nordiese taal en kultuur dus af van die Noorweërs of Noormanne wat hulle op die Faroëreilande gevestig het. Webblad van die Eerste Minister se Kantoor