duimnael|Daar is 8 200 alarm sirenes vir burgerlike beskerming regoor Switserland. Dit word eenkeer 'n jaar getoets op die eerste Woensdag van Februarie.Testing sirens , Swiss Federal Office for Civil Protection (bladsy besoek op 7 September 2013).

'n Sirene is 'n toestel wat 'n harde en langdurige klank maak as 'n sein of waarskuwing. Sirenes word in verskeie toepassings gebruik van huishoudelike alarms tot lugaanval-waarskuwings.

Geskiedenis Die eerste sirene is 'n geruime tyd voor 1799 deur die Skotse fisikus John Robison uitgevind.Sien: John Robison, Encyclopædia Britannica, 3rd ed., 1799. "Temperament of the scale of music" in: John Robison with David Brewster and James Watt, ed.s, A System of Mechanical Philosophy (Edinburgh, Scotland: 1822), vol. 4, bladsye 404-405. Ernst Robel, Die Sirenen: Ein Beitrag zur Entwickelungsgeschichte der Akustik [Sirens: A contribution to the history of the development of acoustics] (Berlin, Germany: R. Gaertners, 1891), part 1, bladsye 7–10. Robison se sirenes is as musiekinstrumente gebruik. Dit het die pype in 'n orrel aangedryf.

Tipe sirenes Elektries Elektriese sirenes maak gebruik van elektroniese komponente om 'n spesifieke sein te ontwikkel wat dan versterk word en na luidsprekers herlei word.

Pneumaties Tradisionele en oorspronklike pneumaties-aangedrewe sirenes het gebruik gemaak van lug wat onder druk geplaas word en dan deur 'n vernouing gestoot word. Dit werk op dieselfde beginsel as 'n fluit. Deesdae word meer gesofistikeerde metodes gebruik om presies die gewenste klank te verkry.

Stoom Stoomfluite word ook gebruik as 'n waarskuwingstoestel, gegewe dat daar stoom teenwoordig is, soos by saagmeule, fabrieke en stoomlokomotiewe

Gebruike duimnael|regs|'n Sirene wat op 'n paal gemonteer is. duimnael|regs|'n Israeliese Elektroniese Lug aanval Sirene wat inwoners van die dorp waarsku van 'n lugaanval Vir beskerming teen inbraak word sirenes in huishoudelike alarmstelsels gebruik Vir burgerlike beskerming Waarskuwing teen brand, vloede en ander natuurrampe Op noodvoertuie gepaard met ligte om ander motoriste van 'n nood in kennis te stel

Verwysings

Kategorie:Akoestiek Kategorie:Klanktegnologie Kategorie:Kommunikasie