Mumbaiमुंबई 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Distrikte 90px|senter Land Deelstaat Maharashtra Koördinate Stigting 1507 Oppervlakte: - Totaal 603 vk km Hoogte bo seevlak 14 m Bevolking: - Totaal (2011) 12 442 373 - Bevolkingsdigtheid 21 000/vk km - Metropolitaanse gebied 18 414 288 Tydsone UTC+05:30 Burgemeester Vishwanath Mahadeshwar (Shiv Sena) Amptelike webwerf mcgm.gov.in
Mumbai of Moembai (Marathi: मुंबई Mumbaī [ˈmumbəi], tot 1996 Bombaai) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Maharashtra en die Indiese subkontinent se belangrikste seehawe. Met 'n bevolking van 12,5 miljoen in die stadsgebied (volgens die laaste sensus van 2011 en sonder periferiese voorstede) is Mumbai die grootste stedelike nedersetting in Indië en een van die bevolkingrykste metropole ter wêreld. Die Metropolitaanse Gebied van Mumbai (Mumbai Metropolitan Region, MMR) sluit digbevolkte gebiede in die noorde en die stad Thane in, met 'n totale bevolking van 28,4 miljoen.
duimnael|links|Kaart van Mumbai in 1890 duimnael|links|Die Taj Mahal Palace Hotel, voltooi in 1903, is 'n voorbeeld van koloniale Indo-Saraseense boukuns duimnael|links|Die Wankhedestadion is in 1974 opgerig en is Mumbai se vernaamste krieketveld Die stadsgebied is op die eiland Salsette langs die weskus van Maharashtra geleë. Die historiese middestad is op 'n smal landstrook geleë wat vanuit die moerasgebiede in die Arabiese See strek. Hier word 'n ryk argitektoniese erfenis aangetref met 'n kenmerkende plaaslike variant van historisme. Hierdie boustyl kombineer Britse invloede met 'n Britse interpretasie van die inheemse Mogoel-boukuns.
Mumbai is die ekonomiese spilpunt van Indië asook 'n belangrike vervoerspilpunt. In Mumbai se diep natuurlike hawe word meer as die helfte van Indië se passasiersvervoer hanteer. Die stad is daarnaas 'n eersteerangse kulturele en opvoedkundige sentrum met universiteite, teaters, musea en kunsgalerye.
Geskiedenis Naam Die naam Mumbai is afgelei van Mumba of Maha-Amba – die naam van die Koli-godin Mumbadevi – en ai, wat "moeder" in Marathi beteken.
Die naam Mumbai het sy oorsprong in die 16de eeu, toe die Portugese die naam aan die stad gegee het. In die 17de eeu het die Engelse Mumbai beset en dit Bombay (Afrikaans: Bombaai) begin noem omdat dit makliker was om uit te spreek. In 1995 is dit terug verander na Mumbai, soos Indiërs dit nog altyd uitgespreek het.
Toerisme Mumbai is die enigste Indiese stad wat drie Unesco-wêrelderfenisgebiede huisves: Die Olifantgrotte (1987 ), die Chhatrapati Shivaji Terminus spoorwegstasie (2004 ) asook die Victoriaanse en Art Deco-ensemble (2018 ).
Sport Mumbai beskik met Brabourne-stadion, Wankhedestadion en Bombay Gymkhanaveld oor drie belangrike toetskrieketstadions. Beide die Indiese nasionale krieketspan en die Indiese nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. Die Wankhedestadion het onder andere wedstryde tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1997, die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011 en 2023, asook die Kampioenetrofee 2006, beide die T20I-wêreldbeker 2016 en die gelyktydige T20I-vrouewêreldbeker 2016, asook die T20I-wêreldbeker 2026 gehuisves. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 is ook wedstryde in Mumbai aangebied.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Maharashtra