Altaïes is ’n voorgestelde taalfamilie van Sentraal-Eurasië. Verskeie weergawes sluit in die Turkse, Mongoolse, Toengoesiese, Japannese taalgroep, Koreaans asook soms nog Ainoe.Georg et al. 1999: 73–74 Dié tale word gepraat in ’n groot gebied van Noordoos-Asië deur Sentraal-Asië tot Anatolië en Oos-Europa. Die groep is genoem na die Altai-berge, ’n bergreeks in Sentraal-Asië.

duimnael|links|Verspreiding van Altaïese, Turkse en Oeraalse tale duimnael|links|Stamboom van Altaïese tale Die Altaïese familie deel talle eienskappe. ’n Meningsverskil bestaan egter oor die oorsprong van die ooreenkomste. Die "Altaiïste" glo die rede daarvoor is dat die tale ’n gemeenskaplike oorsprong het en afstam van ’n proto-Altaïese taal wat duisende jare gelede gepraat is. Die "anti-Altaiïste" glo die ooreenkomste is vanweë taalkontak tussen die verskillende taalgroepe.

Sommige geleerdes beskou die groep as ’n geldige taalfamilie, maar sluit net die Turkse, Mongoolse en Toengoesiese taalgroep in. Dié mening was algemeen voor die 1960's, maar het feitlik geen aanhangers meer nie.Georg et al. 1999: 73–74 Die uitgebreide groepering sluit die Koreaanse en Japannese taalgroepe in en word deur die meeste ondersteuners van Altaïes voorgestaan.Stratification in the peopling of China: how far does the linguistic evidence match genetics and archaeology? In; Sanchez-Mazas, Blench, Ross, Lin & Pejros eds. Human migrations in continental East Asia and Taiwan: genetic, linguistic and archaeological evidence. 2008. Taylor & Francis.

Die kleiner groepering sluit sowat 66 moderne tale in, en die Koreaanse en Japannese taalgroep voeg nog agt tale daarby vir ’n totaal van 74. Dit verskil na aanleiding van wat as ’n taal of dialek beskou word.

Die taalfamilie sluit nie vroeëre stadiums van tale soos Middel-Mongools of Oud-Japannees in nie.

Verwysings

Verdere leesstof Miller, Roy Andrew. 1996. Languages and History: Japanese, Korean and Altaic. Oslo: Institute for Comparative Research in Human Culture. . Starostin, Sergei A., Anna V. Dybo, and Oleg A. Mudrak. 2003. Etymological Dictionary of the Altaic Languages, 3 volumes. Leiden: Brill Academic Publishers. .

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Taalfamilies