duimnael|links|250px|'n Illustrasie uit Le Chevalier au Lion: Yvain red die leeu Chrétien de Troyes (omtrent 1135-1190) was die belangrikste Middeleeuse digter in Frankryk en skepper van die hoofse ridderroman (Frans: roman courtois), waarin die legendariese Koning Artus en die ridders van sy tafelronde 'n sentrale rol speel. Hy staan hier veral bekend as die skepper van die Graal-tematiek wat tot een van die mees gewilde onderwerpe in die Middeleeuse letterkunde geword het. Volgens historiese oorlewerings is die werk in opdrag van die Vlaamse graaf Filips van die Elsas (1168-1191) geskryf.
As seun van 'n arm riddergesin het hy in sy jeug aan die hof van die Grawe van Vlaandere gebly. Hy het al vroeg bekendheid verwerf vir sy uitstekende digkuns, en Gravin Marie het hom uitgenooi om aan die hof van die Champagne in Troyes te bly wat toe as die literêre sentrum van Europa beskou is.
Chrétien het talle romans oor die figure uit die Artuslegende geskryf en steeds die ideale van die hoofse beskawing en opleiding en die ridderlike deugde geprys. In sy hoofse romans verskyn die getroude edelvrou naas die selfstandige en eiesinnige dame. Sy bekendste werke is "Erec en Enide" (1165) wat as die eerste Franse roman beskou word, Cligès (1165-1170), Lancelot (1170), Yvain (1175) en die onvoltooide Parsival (Perceval of Le Conte du Graal, "Die Storie van die Heilige Graal", tussen 1180/1182 en 1190). Chrétien de Troyes se romans het die hoofse lewe van sy tyd sterk beïnvloed, asook die letterkunde van Engeland en Duitsland, en begrippe soos chevalier (ridder) en tafelronde het danksy die digkuns van Chrétien algemeen bekend gestaan.
Werke Érec et Énide, omtrent 1165~1170 Guillaume d'Angleterre (Willem van Engeland), omtrent 1175 Cligès, omtrent 1165~1170 Le Chevalier de la Charrette, Roman de Lancelot, omtrent 1170~1181 Le Chevalier au Lion, Roman d'Yvain, omtrent 1175~1181 Le Conte du Graal (Die Verhaal van die Heilige Graal) of Roman de Perceval (Roman van Parsival), onvoltooi, omtrent 1180~1190
Kategorie:Franse digters Kategorie:Mense in die 12de eeu