Die Yuan-dinastie (Mongools: Их Юань Улс, Ich Joean Oels, die "Groot Yuan"; Chinees: 大|元, Dà Yuán; ou Afrikaanse spelling: Joean) was die ryk wat gestig is deur Koeblai Khan, kleinseun van Djengis Khan en leier van die Mongoolse Bordjigin-familie. Die woord yuan beteken "begin".Thammy Evans. Great Wall of China: Beijing and Northern China, books.google.co.za
Geskiedenis Hoewel die Mongole dekades lank al oor gebiede geheers het wat die hedendaagse Noord-China insluit, het Koeblai die dinastie eers in 1271 amptelik in die Chinese styl gestig.Mote, Frederick W. (1994). "Chinese society under Mongol rule, 1215-1368". In Denis C. Twitchett; Herbert Franke; John King Fairbank. The Cambridge History of China: Volume 6, Alien Regimes and Border States, 710–1368. Cambridge University Press. bl. 616–664. Sy ryk was in dié stadium geïsoleer van die ander Mongoolse khanate en het feitlik net die hedendaagse China ingesluit, asook omliggende gebiede soos Mongolië.Christopher P. Atwood – Encyclopedia of Mongolia and the Mongol Empire Dit was die eerste buitelandse dinastie wat oor die hele China regeer het en het geduur tot in 1368 – daarna het die Mongole net oor die noordelike gebiede van China geheers.
Die Yuan word beskou as beide ’n opvolgerstaat van die Mongoolse Ryk en ’n keiserlike dinastie van China. In die Chinese geskiedenis het dit gevolg op die Song-dinastie en is dit opgevolg deur die Ming-dinastie. Hoewel Koeblai Khan die dinastie gestig het, het hy sy oupa Djengis (onder die naam Taizu) op die rekords aangedui as die amptelike stigter.
Benewens as keiser van China kon Koeblai ook aanspraak maak op die titel Groot Khan, opperheerser oor al die ander khanate: die Tsjagatai-khanaat, Goue Horde en Il-khanaat. Daar is dus soms na die Yuan-ryk verwys as die Ryk van die Groot Khan. Die ander khanate het egter nie altyd die Yuan se opperheerskappy aanvaar nie en het deurentyd apart ontwikkel.Micheal Prwadin – The Mongol Empire and its legacyJ.J.Saunders – The history of Mongol conquestsRene Grousset – The Empire of Steppes
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese dinastieë Kategorie:Mongoolse Ryk