Bordjigin, ook bekend as die Altan oerag (Mongools: Алтан ураг, "Goue familie"), was die keiserlike familie van Djengis Khan en sy opvolgers. Uit die geledere van die senior Bordjigins het prinse van Mongolië en Binne-Mongolië gekom tot met die 20ste eeu.Caroline Humphrey, David Sneath The end of Nomadism?, bl. 27 Die familie het die heersersklas gevorm onder die Mongole en ander volke in Sentraal-Asië en Oos-Europa. Vandag kom die Bordjigins in die grootste deel van Mongolië, Binne-Mongolië en Xinjiang voor.

Oorsprong Die stamboom begin met Börte Tsjino en Goea Maral. Volgens Die Geheime Geskiedenis van die Mongole is hul elfde afstammeling Doboe Mergen se weduwee, Alan Goea, deur ’n sonstraal swanger gemaak.The Secret History of the Mongols, hoofst. 1 Haar jongste seun het die voorvader van die latere Bordjigins geword.Herbert Franke, Denis Twitchett, John King Fairbank The Cambridge History of China: Alien regimes and border states, 907-1368, bl. 330 Hy was Bodonchar Moenkhag, wat saam met sy broers die pa van die hele Mongoolse nasie was.Kahn, Paul. The Secret History of the Mongols, bl. 10. Die eerste khan van die Mongole was Bodonchar Moenkhag se agter-agterkleinseun Khaidoe Khan. Khaidoe se kleinseuns Khaboel Khan en Ambaghai Khan (stigter van die Taitsjioet-familie) het hom opgevolg. Daarna het Khaboel se seuns, Qoetoela (Hotoela Khan) en Jesoegei, en agterkleinseun Temoedjin (Djengis Khan) oor die Khamag-Mongole geheers. Met die vereniging van die Mongole in 1206 het feitlik al Temoedjin se ooms en neefs gesterf en van toe af het net die afstammelinge van Jesoegei Baghatoer die Bordjigins gevorm.

Die Mongoolse Ryk en Yuan-stamboom duimnael|200px|Djengis Khan. Die Bordjigin-familie het van die 13de tot die 14de eeu oor die Mongole regeer. Hulle was die heersers van groot gebiede van Java tot Iran en van Indo-China tot Nowgorod.

Djengis Khan het die Mongoolse Ryk in 1206 gestig. Daarna het die ryk geweldig uitgebrei en toe in kleiner dele verdeel. In 1271 het sy kleinseun Koeblai Khan die Yuan-dinastie in China gestig nadat die Mongole die hele land oorgeneem het.

In 1335, met die verbrokkeling van die Il-khanaat in Persië, het die eerste van verskeie nie-Bordjigin-dinastieë hul verskyning gemaak. Die Yuan-dinastie is in 1368 in die suide van China deur die Ming-dinastie verslaan tydens die bewind van Toghan Temür, maar hulle het in Mongolië bly regeer. Die laaste khan, Ligden, is in 1634 dood en daarna het ook die noordelike Yuan-bewind tot ’n einde gekom.Ann Heirman, Stephan Peter Bumbacher The spread of Buddhism, bl. 395 Die Bordjigin-adel het egter tot in die 20ste eeu in Mongolië bly regeer.David Sneath Changing Inner Mongolia: pastoral Mongolian society and the Chinese state, bl. 21

Die stamboom van die Borjgin-dinastie lyk soos volg (die bewindsjare van die noordelike Yuan-dinastie, tot met 1388, word tussen hakies aangedui):

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mongoolse khans Kategorie:Chinese keisers Kategorie:Mongoolse Ryk Kategorie:Geskiedenis van Mongolië Kategorie:Verwantskap