Montgomery 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag senter|90px Land Deelstaat 20px Alabama County Montgomery Koördinate Stigting 1817 Geïnkorporeer op 3 Desember 1819 Oppervlakte: - Totaal 420,28 vk km Hoogte bo seevlak 73 m Bevolking: - Totaal (2020) 200 603 - Bevolkingsdigtheid 475,8/vk km - Metropolitaanse gebied 385 460 Tydsone CST (UTC -6) Somertyd CDT (UTC -5) Burgemeester Steven Reed (D) Amptelike webwerf montgomeryal.gov
Montgomery (Engels: [mɒntˈɡʌməri]) is die administratiewe hoofstad van die Amerikaanse deelstaat Alabama en die setel van die distrik Montgomery County. Die stad, wat na die Britse generaal Richard Montgomery (1738–1775) vernoem is en volgens die sensus van 2020 'n bevolking van 200 603 gehad het, is in die hartland van die deelstaat aan die Alabamarivier geleë. Die metropolitaanse gebied van Montgomery is die vierde grootste in Alabama met 'n bevolking van 385 460 in 2020.
Geskiedenis duimnael|links|Die eerste Withuis van die Gekonfedereerde State Montgomery het 'n belangrike rol in die geskiedenis van Alabama en die Verenigde State gespeel. Nadat dit as 'n grensnedersetting gestig is, het dit tot die sentrum van die sogenaamde Katoenkoninkryk ontwikkel en is later as administratiewe setel van die deelstaat Alabama asook die eerste regeringsetel van die Gekonfedereerde State aangewys. Die stad se reputasie as 'n sentrum van tegnologie en vooruitgang is in 1886 en 1887 met die invoering van die elektriese Lightning Route-tremstelsel en in 1910 met die stigting van 'n burgerlike lugvaartskool deur die Gebroeders Wright bevestig.
In die onstuimige tydperk van die burgerregtestryd het plaaslike burgers 'n beslissende rol in sommige van die belangrikste gebeurtenisse gespeel, waaronder die busboikot en die Opmars vanuit Selma op Montgomery. Vandag is Montgomery naas sy rol as belangrike administratiewe sentrum ook 'n spilpunt van tegnologiese vooruitgang in Alabama se florerende nywerheidsbedryf.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Hoofstede in die Verenigde State Kategorie:Nedersettings in Alabama