Valuair (Chinees: 惠 旅 航空) is 'n laekostelugredery wat in Singapoer gebaseer is. Dit is in 2004 geloods, met aanvanklike vlugte na Bangkok en Hongkong.

Dit onderskei homself van ander laekosterederye omrede dit fieterjasies aanbied soos 'n bagasietoelaag van meer as 20 kg, etes tydens die vlugte, vooraftoekenning van sitplekke, en 'n 32 duim sitplekafstand. Die redery is in 2005 verkry deur Jetstar Asia Airways, tog is die Valuair-merk behou vir Jetstar Asia se geskeduleerde dienste aan die groot stede van Indonesië.

Die suidwesvleuel van Vlak 3 in Terminaal 1 op Singapoer Changi Lughawe huisves die lugredery se hoofkantoor.Singapore Air Operators . (). Verkry op 31 Oktober 2012. "#034-30 Passenger Terminal Building 1, Level 3, Southwest Finger, Singapore Changi Airport, Singapore 918141"

Bestemmings duimnael|'n Valuair Airbus A320 by Singapoer Changi Lughawe se Terminaal 1

Valuair bied tans vlugte van sy basis in Singapoer na Jakarta, Denpasar en Surabaya, met Bangkok as 'n kodedeel saam met Jetstar Asia Airways. Sedert sy samesmelting met Jetstar Asia, het die lugredery sy vlugte na Perth, Hongkong, Xiamen, Chengdu en Bangkok beëindig, as deel van die konsolidasieproses tussen die twee rederye.

Hierdie lys toon alle huidige en voormalige bestemmings, insluitende die stad bedien, die land, die lughawe, en die begin- en die eindjaar van die diens.

Stad Land Lughawe Begin EindigSingapoer Singapoer Changi Lughawe (basis) 5 Mei 2004 --Denpasar Ngurah Rai Lughawe27 Januarie 2006 --Jakarta Soekarno-Hatta Internasionale Lughawe23 Oktober 2005 --Medan Kuala Namu Internasionale Lughawe25 Julie 2013 --Surabaya Juanda Internasionale Lughawe23 Oktober 2005 --Medan Polonia Internasionale Lughawe30 Maart 200824 Julie 2013Bangkok Don Mueang Internasionale Lughawe5 Mei 2004November 2005Chengdu Chengdu Shuangliu Internasionale Lughawe20 April 200530 Oktober 2005Hongkong Hongkong Internasionale Lughawe 7 Mei 2004 23 Oktober 2005Perth Perth Internasionale Lughawe1 Desember 20049 Oktober 2005Xiamen Xiamen Gaoqi Internasionale Lughawe25 April 200530 Oktober 2005

Jetstar Asia Airways vloot

Teen Januarie 2014 het Jetstar Asia oor die volgende vliegtuie beskik: VliegtuieDiensbaarOp bestellingOpsiesPassasiersNotaAirbus A320-200<center>19<center>1<center>0<center>180Alle vliegtuie word deur Jetstar Asia Airways bedryf.

Aanboordverversings

Passasiers kan aanboord voedsel en drankies by die vlugkelners koop. Op vlugte van Valuair, mag passasiers slegs voedsel en drankies nuttig wat hulle aanboord gekoop het, tensy die passasier(s) spesiale dieetbehoeftes het. Voor die samesmelting was maaltye en drankies ingereken by die vliegkaartjie se prys."In the air." Jetstar Asia Airways. Besoek op 10 November 2008.

Verwysings

Kategorie:Lugrederye