Alfa Laval AB is 'n Sweedse maatskappy, in 1883 gestig deur Gustaf de Laval en Oscar Lamm. Die maatskappy, wat met die skeiding van oplossings begin het, dryf nou handel in die produksie van gespesialiseerde produkte en oplossings vir die swaar industrie. Die produkte word gebruik vir hitte, verkoel, skeiding en vervoer van produkte soos olie, water, chemikalieë, drank, voedsel, stysel en farmaseutiese produkte.
duimnael|links|250px|Advertensie van 1899 Alfa Laval se hoofkwartier is in Lund, Swede en het filiaalmaatskappye in meer as 35 lande regoor die wêreld, insluitend Suid-Afrika, Denemarke, Italië, Indië, Japan, China, Nederland en die Verenigde State van Amerika. In 2012 het Alfa Laval 'n globale arbeidsmag van 16 419 werknemers en 'n inkomste van VS$ 4 520.96 miljoen gehad.Dow Jones, Alfa Laval AB maatskappyprofiel (2013). URL besoek op 6 Mei 2013, op Factiva databasis. Alfa Laval is 'n swaarnywerheidsmaatskappy wat fokus op grootskaalse bedrywighede, soos mariene, energie- en voedselnywerhede. Behalwe die verkoop van toerusting, is Alfa Laval bedrywig met die uitkontrakteer van indiwiduele oplossings om te voldoen aan die eise van swaarindustrie.
Alfa Laval in die skeepsbedryf Alfa Laval is bekend in die maritieme bedryf as 'n vervaardiger van skeepstoerusting. Alfa Laval vervaardig kleppe, pompe, hitteruilers, verdampers, distilleerders, olieskeiers, oliefilters, en al die ander hardeware noodsaaklik vir die werking van 'n skip se enjinkamer. Sedert 2011 het Alfa Laval sy mariene en dieselafdelings in een afdeling gekonsolideer, "Marine & Diesel", in 'n poging om die logistiek en administrasie van sy marienevleuel te vereenvoudig.
Verwysings
Kategorie:Sweedse maatskappye