Ds. Carel Hendrik (Charles) de Smidt (Wynberg, 1832 - Robertson, 21 Januarie 1861) was die eerste leraar van die NG gemeente Robertson, waar hy net 18 maande ná sy bevestiging in sy eerste gemeente aan koorssiekte, 'n ander benaming vir malaria, oorlede is.
Opleiding Carel Hendrik de Smidt is op 28 Oktober 1832 gedoop. Sy vader was Andries de Smidt. Die invloed van sy vrome en godvrugtige moeder, Maria Johanna Josina Stronk, het daartoe bygedra dat De Smidt kleintyd al 'n begeerte gehad het om predikant te word. Onder leiding van dr. William Robertson (na wie ds. De Smidt se enigste gemeente genoem is) berei hy hom voor op toelating tot 'n Europese universiteit. Daarna studeer hy 'n aantal jare aan die Universiteit van Utrcht. Toe ds. Andrew Murray Nederland in 1854 besoek, het hy De Smidt ontmoet en die indruk gekry dat hy 'n "goeie en begaafde" student was. Sy opvolger op Robertson, ds. Andrew McGrgeor, wat hom in Skotland leer ken het, het van sy dorpe godsvrug, vurige ywer en wye belesenheid getuig. Dit was destyds die jare van die Liberalisme en byna vanselfsprekend is ook sommige Suid-Afrikaanse studente wat aan Nederlandse hospitale studeer het, deur dié denkrigting beïnvloed. As 'n mens in gedagte hou dat onder die predikante wat in 1858 en 1859 daar gelegitimeer is, Thomas François Burgers, J.J. Kotzé, H.C.V. Leibbrandt en S.P. Naudé almal ná hul terugkeer in hul vaderland voorstanders van dié denkrigting geword het, is dit heeltemal denkbaar dat die ernstige jong De Smidt tydens sy studiejare ook deur die Liberalisme beïnvloed sou word.
So vertel die anonieme skrywer van 'n artikel ”Verdere Bijzonderheden omtrent het afsterven van den Wel-Eerw. C. H. de Smidt" wat op 9 Februarie 1861 in De Gereformeerde Kerkbode verskyn het, onder meer: "Veertien dagen voor zijnen dood sprak hij met een vriend zeer ernstig over het liberalisme in onze dagen, en verhaalde hem hoe hij zelf eens in Nederland door het liberalisme was medegesleept, en voornemens was die leer in Zuid-Afrika voor te staan, doch vast besloten dit openlijk te zeggen en niet de Formulieren der kerk te ondertekenen. Hij betuigde echter zijne dankbaarheid en blijdschap, dat God zijne oogen genadiglik geopend en hem gered had. Hij werd bepaald bij zijne onwaardigheid en ellende, en gevoelde dat hij niets was, die over God oordeelen wilde, en verootmoedigde zich voor Hem, die nu ook zijn gebed verhoorde en zijne ziel redde. Zijne aandacht werd bepaald bij het kruis van Christus, en vooral by deze woorden: 'Het bloed van Jezus Christus reinigt van alle zonden.' Hij gevoelde hoe hij verantwoordelijk zijn zoude voor de zielen die hij zoude hebben te weiden, en dit alles beangstigde hem zoo zeer, dat hij ernstig om genade begon te roepen en ook ontving. Met geestdrift sprak hij over de oneerlijkheid van die leeraren, die met een leugen in de regterhand, gelijk hij zeide, de Formulieren der Kerk ondertekenden, en de bondzegelen bedienden zonder aan de leer onzer kerk verbonden te zijn." In die aangehaalde gedeelte verklaar ds. De Smidt self waarom hy die eerste twee beroepe van die hand gewys het.
Ontvangs op Robertson regs|300px|duimnael|Dit is ds. De Smidt net gegun om 18 maande die Woord te verkondig in die ou NG kerk op Robertson. Die hoeksteen is op 16 September 1853 gelê, dis ingewy op 29 Oktober 1856 en gesloop en deur die huidige kerkgebou vervang in 1905.
Van sy ontvangs en bevestiging op Robertson op 22 Junie 1859 vertel nóg die argiefstukke in die NG Kerkkantoor nág die Gereformeerde Kerkbode iets. Dat die gemeente wat meer as ses jaar verlangend uitgesien het na die dag waarop hy sy eie leraar sou kon verwelkom, en boonop juis op hom so lank moes was, hom met ope arms ontvang het, is te verstane. En so begin hy dan sy bediening in die jong dorpie waar nog nie veel meer geboue as die kerk, die magistraatsgebou en 'n klompie huise en winkels was nie.
Van hom vertel ds. J.A. van Z. le Roux in die Gemeenteblad van Robertson in Oktober 1924 onder meer: "Hy het ... van die begin af sy taak aangepak met die noeste vlyt. Aan sy naarstige soek na die heil van onsterflike siele het 'n innige gemeenskap met sy Heer gepaard gegaan deur middel van gebed. Menige dag ... het hy die eensaamheid gaan opsoek aan die voet van Muiskraalskop. Daar het hy, gelyk Daniël die profeet, in stilte met sy Heer omgang gehad deur middel van die gebed. Aan vrug op sy getroue arbeid het dit dan ook nie ontbreek nie.” In 'n artikel wat in dieselfde blad in Desember 1923 verskyn het, vertel 'n anonieme skrywer onder meer: "Ds. de Smidt was 'n man met een open karakter — wat in hem was, kwam uit, al moest de toehoorder daaronder sidderen en beven. Hij was verder bezield met een buitengewone ernst en toewijding aan de dienst des Heeren. In zijn ziel brandde er steeds een heilig vuur voor de redding van verloren gaande zielen. Hij was bij uitnemendheid een boetprediker, een zielzoeker, een herder van zijn kudde. Zijn ernst dreef hem dikwels een harde boodschap aan de gemeente, huisgezin of persoon te brengen. Zo bezocht hij eenmaal 'n onverschillige man in Klaasvoogds Rivier, en terstond na hij zijne boodschap had geleverd, reed hij weg. Het hart van die man werd geraakt, vergruisd, gewonnen."
Herlewingskoferensie op Worcester
duimnael|links|210px|Ds. Andrew Murray sr. en sewe van sy seuns en skoonseuns het die herlewingskonferensie op Worcester bygewoon.
In ds. De Smidt se kort dienstyd het daar op Worcester 'n konferensie plaasgevind waarvan ook die gemeente Robertson die heilsame gevolge sou ondervind. Toe die Kweekskool op Stellenbosch in November geopen is, het die aanwesige predikante aan proff. John Murray en Nicolaas Hofmeyr en die Stellenbosse leraar ds. J.H. Neethling die taak opgedra om lede van alle Christelike kerke uit te nooi om 'n konferensie op Worcester by te woon waar groot kerklike vraagstukke bespreek sou word. Prof. Hofmeyr het die organisasiewerk op hom geneem, en die byeenkoms het dan ook op 18 en 19 April 1860 plaasgevind. Die aanwesiges was uit meer as 20 gemeentes afkomstig. Van die elf aanwesige jongere predikante was sewe seuns of skoonseuns van ds. Andrew Murray sr. van die NG gemeente Graaff-Reinet, wat ook daar was; maar slegs vyf van die ouere predikante het die verrigtinge bygewoon. Referate is oor verskeie onderwerpe gelewer, onder meer "Herlevingen” deur dr. William Robertson; "Volkslektuur voor Zuid Afrika" deur prof. John Murray; "Christelijke Regering" deur ds. De Smidt; en "Opvoeding" deur Ds. J.H. Neethling. Aan die einde van die tweede dag stel ds. Andrew Murray jr., die nuwe predikant van Worcester, voor om 'n leraar van die NG Kerk, en wel dr. Robertson, na Holland, Duitsland, Skotland en desnoods Amerika te stuur om predikante, sendelinge en onderwysers te soek om so in die dringende behoefte hier te lande te probeer voorsien.
Dr. Robertson het die opdrag aanvaar, maar min kon hy toe dink dat een van sy "rekrute" die opvolger van sy beminde vriend Charles de Smidt sou wees. Die Konferensie op Worcester was oorsaak van 'n wydverspreide en seënryke geestelike herlewing in die NG Kerk. Prof. John du Plessis vertel in sy biografie van ds. Andrew Murray jr. dat die herlewing op 'n stil manier begin het, sonder die aanwending van uiterlike middele om die vuur van geestelike lewe aan te wakker. In gemeentes wat die sterkste op die Konferensie verteenwoordig was, is eerste die ontwaking van 'n nuwe geestelike erns waargeneem. Bidure is beter bygewoon en nuwe bidkringe op baie plekke gestig. In die gemeentes Montagu en Worcester het die eerste tekens van waaragtige opwekking hulle openbaar. Die beweging het ook nie net tot die dorpe beperk gebly nie, maar hom ook kragtig getoon selfs op verafgeleë buiteplase waar manne en vroue plotseling aangegryp is deur gewaarwordinge waarvan hulle nog maar weinige weke, of selfs dae, tevore vreemd was. Uit Montagu is byvoorbeeld berig: "Op Zondagavond 22 Julie werd alhier een biduur gehouden door di. (Robert) Shand en De Smidt, toen de opwekking zoo groot was dat men klaagde dat de bidstond een uur te vroeg eindigde. Een jaar geleden wist men van geen bidstonden, maar nu houdt men ze dageliks, zelfs tot drie-maal 's daags, ook onder kinderen. Of dit het werk des Geestes is, wordt door sommigen betwist; doch wij zijn getuige geweest van zekere gevallen, dat men overtuigd wordt van zonde, en claardoor onbeschrijfelijk ontsteld wordt, en door niets zich laat troosten dan door het verzoenend lijden van onze Here Jezus Christus, en door het gebed."
Van wat in die Robertsonse gemeente in dié tyd gebeur het, vertel die Kerkraad se verslag oor die staat van Godsdiens wat in Oktober 1860 na die Ringsvergadering opgestuur is. Ds. De Smidt, opsteller van dié dokument, skryf: "Doch is er niet ten onzent geschied eene bepaaldelijke uitstorting van Gods Geest? Eene werking van den Geest is er ontegen-zeggenlijk. Getuigen de veelvuldige Bidstonden die als van zelve alom in de Gemeente geboren werden en stand houden — alom, zeggen wij, want er kon bezwaarlijk een enkel wijk der Gemeente worden opgenoemd waar zoodanige vereeniging niet te vinden is. Is er eene uitstorting? Verbindt men de Uitstorting des Geestes aan eene overmatigende lichaams- en zielsbeweging, dan deelen wij tot hiertoe in de opwekking niet, maar is de bijzondere krachtige opwekking in het afsterven van den ouden, en het aantrekken van den nieuwen mensch, kortom, in de bekeering tot God, dan mogen wij zonder vermetelheid roemen in eene krachtdadige openbaring van Gods regterarm in ons midden. De Jeugd vooral op verschillende plaatsen begaf zich tot het bidden en smeeken. Hier en daar knielden kinderen ulfs om bekeering neder — zij die zich vroeger der wereld wijdden, verbonden zich nu aan den God der genade in hunne eenzaamheid, en werden weldra voorgangeren en oorbidders in broederlijke samenkomsten: en ook de Zusters in haren kring verhieven haar belaste harten tot God die zegt 'Bidt, en het zal u gegeven zijn'. Wat wij nog hoopen en wachten is niet de sloopende ontroering van andere landen, maar de zachte en zoete fluisteringen van Gods liefdestem — de kalme doch krachtdadige werking des Heiligen Geestes die ons geloof vasthecht, niet aan een stormachtige opwelling des gemoeds, hoe dikmaals dit ook gevorderd zij, maar aan de bestendige onzigtbare gemeen-schap met Hemzelf, den Trooster die bij ons blijft tot in der Eeuwigheid, den geest die staat tegenover magt en geweld."
Siekte en dood duimnael|regs|200px|Blykbaar het net een foto van ds. De Smidt behoue gebly en is die skets elders op dié blad gemaak van hierdie foto. Te midde van hierdie geestelike seëninge het 'n vreeslike ramp die dorp getref — 'n epidemie van maagkoors wat van November 1860 af tot Februarie 1861 gewoed het. In hierdie tyd van beproewing het ds. De Smidt onverdrote en onverskrokke, selfs toe dit met groot gevaar gepaard gegaan het, nooit in sy pligsbetragting verflou nie. Gewoonlik het hy soggens die siekes besoek en smiddae begrafnisse gehou, egter sonder om enige voorsorg te neem om hom teen besmetting te vrywaar, "meenende dat de Heer, die hem geroepen had tot het werk, ook magtig was hem te bewaren. Later hierover sprekende," vervolg die reeds aangehaalde onbekende skrywer in "De Gereformeerde Kerkbode" van 9 Februarie 1861, "heeft hij erkend, dat het goed is, terwijl wij op God vertrouwen, ook de middelen aan te wenden."