Denver Internasionale Lughawe (IATA-kode: DEN, ICAO: KDEN) is 'n groot lughawe in Denver, Colorado. Teen 140 vierkante kilometer (54 vk. myl) is dit die grootste lughawe in die Verenigde State oppervlakgewys. Aanloopbaan 16R/34L is die langste openbare aanloopbaan (4 877 meter) in die Verenigde State. In 2024 was dit die 15de besigste lughawe in die wêreld met passasiersverkeer van 82 358 744.
Dit was die vyfde besigste lughawe in die wêreld met meer as 635 000 vliegtuigbewegings in 2010. Die Denver Internasionale Lughawe lewer 'n nonstop-diens aan bestemmings in Noord-Amerika, Latyns-Amerika, Europa en Asië. Die lughawe is in die noordooste van Denver en word bestuur deur die City & County of Denver Department of Aviation. DIA is aangewys as die beste lughawe in Noord-Amerika deur die lesers van "Business Traveler Magazine" vir ses jaar agtereenvolgend (2005–2010) en is die naam "America's Best Run Airport" deur Time Magazine toegedig in 2002.
Denver is die belangrikste spil vir die laekosteredery Frontier Airlines en die pendelaardraer Great Lakes Airlines. Dit is die vierde grootste en Sentraal-Amerikaanse sentrum vir United Airlines, asook 'n groot fokusstad vir Southwest Airlines. Sedert die aanvang van sy diens aan Denver in Januarie 2006, het Southwest meer as 50 bestemmings bygevoeg tot sy lys, dit maak Denver sy vinniggroeiendste mark. DIA is die enigste lughawe in die Verenigde State met 'n ISO 14001-gesertifiseerde omgewingsbestuurstelsel wat die hele lughawe dek.
Statistiek Top bestemmings + Besigste binnelandse roetes van DEN (Desember 2023 – November 2024) Rang Stad Passasiers Lugrederye 1 Phoenix–Sky Harbor, Arizona 1 245 000 American, Frontier, Southwest, United 2 Las Vegas, Nevada 1 117 000 Frontier, Southwest, Spirit, United 3 Chicago-O'Hare, Illinois 1 029 000 American, Frontier, Southwest, Spirit, United 4 Los Angeles, Kalifornië 991 000 American, Delta, Frontier, Southwest, Spirit, United 5 Seattle-Tacoma, Washington 961 000 Alaska, Delta, Frontier, Southwest, United 6 Salt Lake City, Utah 944 000 Delta, Frontier, Southwest, United 6 Minneapolis/St. Paul, Minnesota 921 000 Delta, Frontier, Southwest, Spirit, Sun Country, United 7 San Francisco, Kalifornië 906 000 Frontier, Southwest, United 10 Dallas/Fort Worth, Texas 903 000 American, Frontier, Southwest, United
+ Besigste internasionale roetes van DEN (Oktober 2023 – September 2024) Rang Lughawe Passasiers Rederye 1 Cancún, Meksiko 617 488 Frontier, Southwest, United 2 London–Heathrow, Verenigde Koninkryk 421 085 British Airways, United 3 Vancouver, Kanada 413 066 Air Canada, United 4 Frankfurt, Duitsland 337 395 Lufthansa, United 5 Toronto–Pearson, Kanada 322 814 Air Canada, United 6 München, Duitsland 305 375 Lufthansa, United 7 Calgary, Kanada 274 857 United, WestJet 8 San José del Cabo, Meksiko 243 632 Southwest, United 9 Puerto Vallarta, Meksiko 230 632 Frontier, Southwest, United 10 Meksikostad, Meksiko 210 066 Aeroméxico, Volaris
Jaarlikse verkeer + Passasiersvolume by DEN, 1995–tans Jaar Passasiers Jaar Passasiers Jaar Passasiers 199531 067 498200543 387 369201554 014 502 199632 296 174200647 326 506201658 266 515 199734 969 837200749 863 352201761 379 396 199836 831 400200851 245 334201864 494 613 199938 034 017200950 167 485201969 015 703 200038 751 687201051 985 038202033 741 129 200136 092 806201152 849 132202158 828 552 200235 652 084201253 156 278202269 286 461 200337 505 267201352 556 359202377 837 917 200442 275 913201453 472 514202482 358 744
Lugdiensmarkaandeel + Grootste lugrederye by DEN (Januarie 2024 – Desember 2024)RangLugrederyPassasiersAandeel1 United Airlines38 949 10548,8%2 Southwest Airlines25 561 10330,9%3 Frontier Airlines8 300 0259,6%4 Delta Air Lines3 629 3004,7%5 American Airlines2,813,8783,5%6 Ander rederye3 105 3344,5%
Verwysings
Kategorie:Colorado Kategorie:Lughawens in die Verenigde State van Amerika