duimnael|links|Embleem van die Unesco-Wêrelderfenisgebiede duimnael|Kulturele Wêrelderfenisgebiede volgens lande duimnael|Natuurlike Wêrelderfenisgebiede volgens lande duimnael|Kulturele en natuurlike Wêrelderfenisgebiede volgens lande

'n Unesco-wêrelderfenisgebied is 'n spesifieke plek (soos 'n woud, bergreeks, meer, woestyn, gebou of stad) wat benoem is vir die internasionale wêrelderfenisprogram wat deur Unesco bedryf word.

Die program poog om terreine van besondere belang, kultureel of natuurlik, te katalogiseer, benoem en bewaar vir die gemene erfenis van die mensdom. Plekke op die lys kan fondse vanuit die Wêrelderfenisfonds ontvang onder sekere omstandighede. Die program is gestig deur die Convention Concerning the Protection of World Cultural and Natural Heritage wat aangeneem is deur die Algemene Konferensie van Unesco op 16 November 1972. Sedertdien het 192 lande hierdie konvensie geratifiseer, wat dit een van die mees voldoende internasionale instrumente ter wêreld maak. Slegs Liechtenstein is geen party van die konvensie nie.

Teen 2026 is altesaam 1 273 gebiede ingesluit in die lys, waarvan 991 kultureel, 240 natuurlik en 42 gemengde plekke in 173 Staatspartye is. Italië het tans met 62 die meeste wêrelderfenisgebiede, gevolg deur die Volksrepubliek China (61), Frankryk (56), Duitsland (55), Spanje (50), Indië (45), Meksiko (36) en die Verenigde Koninkryk (35).Syfers vir Frankryk en die Verenigde Koninkryk sluit hul oorsese gebiede in, sien Britse oorsese gebiede en Franse oorsese gebiede. Daar is tans twaalf wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika.

Lyste van Wêrelderfenisgebiede Lys van Wêrelderfenisgebiede Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika

Notas

Verwysings

Eksterne skakels

Unesco-World Heritage Sites – Amptelike webwerf List of Unesco-World Heritage Sites – Amptelike webwerf Duitse webwerf met video's oor die wêrelderfenisgebiede