Middeloorontsteking (in leketaal gewoonlik net oorontsteking genoem) of otitis media is 'n ontsteking van die middeloor. Dit is 'n algemene verskynsel wat veral by kinders gevind word. Afhangend van die tipe, kan middeloorontsteking verskillende simptome hê, soos oorpyn of vloeistof wat uit die oor loop (minder gereeld), maar dit kan ook sonder simptome wees.

Die helfte van al die gevalle van oorpyn verdwyn sonder behandeling na drie dae en 90% verdwyn binne sewe tot agt dae. Daarom is die hoofbehandeling vir oorontsteking pynstillers en anti-inflammatoriese middels. Antibiotika soos penisillien VK help net in sommige gevalle en kan ernstige newe-effekte hê.

Verwysings

Kategorie:Siektes