Die HMS Queen Elizabeth is 'n vliegdekskip en slegs die tweede skip wat dié naam dra in die Britse Vloot naas die HMS Queen Elizabeth-slagskip. Die HMS Queen Elizabeth is in Rosyth gebou en is op 7 Desember 2017 in diens gestel.
Dit is die grootste oorlogskip wat ooit vir die Verenigde Koninkryk se Royal Navy gebou is, en is in staat om tot veertig vliegtuie te dra. Die skip is op 4 Julie 2014 deur koningin Elizabeth II gedoop. Op 26 Junie 2017 is met seeproewe begin en die skip was teen die einde van 2017 vol-operasioneel .
Die eerste bevelvoerder is kommandeur Jerry Kyd, die voormalige kaptein van HMS Ark Royal en HMS Illustrious.
Verwysings
Popular Mechanics September 2014. ISSN 1682-5136
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Vliegdekskepe