Hierdie artikel handel oor die stad in Michigan, in die Verenigde State. Sien gerus Detroit (dubbelsinnig) vir ander artikels. Detroit 270px Kaart Vlag 180px|center 90px|center|border Wapen 75px|center Land Staat 22px Michigan Koördinate Gestig in 1701 Oppervlakte: - Totaal 370,4 vk km Hoogte bo seevlak 183 m Bevolking: - Totaal (2020) 639 111 - Bevolkingsdigtheid 1 778/vk km Tydsone UTC-5 - Somertyd UTC-4 Burgemeester Mike Duggan (Onafh.) Amptelike webwerf ci.detroit.mi.us
Detroit, wat die byname Motown of Motor City dra, is die grootste stad en hawe van Michigan, Verenigde State, aan die Detroitrivier, met 910 920 inwoners (2009). Dit is die sentrum van 'n metropolitaanse gebied met meer as 4,4 miljoen inwoners.
Die stad is 'n handel- en nywerheidsentrum (Ford-, General Motors-, Chrysler-motors, vliegtuie, farmaseutiese produkte, chemikalië, werktuie, staal, sintetiese diamante), en het 'n mark vir graanprodukte en 'n universiteit.
Geskiedenis
Detroit is in die jaar 1701 deur die Franse avonturier Antoine Laumet de La Mothe, sieur de Cadillac gestig. Aanvanklik is die nedersetting ter ere van graaf de Pontchartrain, die seevaart-minister van koning Lodewyk XIV, en na aanleiding van sy ligging aan die westelike oewers van die Groot Mere Sainte-Claire en Erie Fort Pontchartrain du détroit genoem.
Die strategies belangrike ligging in die gebied van die Groot Mere bevorder Detroit se vinnige groei. Die stad word ook as die bakermat van die Amerikaanse motorbedryf beskou, nadat Henry Ford hier in 1899 met die vervaardiging van motors begin het. Die motorbedryf beslaan steeds meer oppervlakte en het lankal ook na die voorstede uitgebrei.
Ekonomie duimnael|links|Detroit: Die hoofkwartier van General Motors Detroit staan bekend as die hoofstad van die Amerikaanse motorbedryf: Die drie grootste motorvervaardigers van die VSA - naamlik General Motors, Ford en Chrysler - het hulle hoofkwartiere in die stad.
Kultuur Die Detroit Institute of Arts is een van die belangrikste museums in die stad.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Detroit Institute of Art van Detroit Die vroeë geskiedenis van Detroit
Kategorie:Nedersettings in Michigan