Thoth was in die Egiptiese mitologie ’n god wat baie belangrike rolle vervul het, soos die onderhoud van die heelal, en hy het saam met Maät langs die songod, Ra, se boot gestaan.Budge, E.A. Wallis, The Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 400 Hy is later verbind met towerkrag, skrif, die ontwikkeling van wetenskapBudge The Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 414 en die oordeling van die afgestorwenes.Budge The Gods of the Egyptians p. 403
In kuns is hy dikwels uitgebeeld as ’n man met die kop van ’n ibis of bobbejaan, diere wat vir hom heilig was. Sy vroulike eweknie was Sesjat; soms was sy ook sy vrou, en ander kere Maät.Thutmose III: A New Biography By Eric H Cline, David O'Connor University of Michigan Press (January 5, 2006)p. 127
Thoth se hooftempel was in die stad Chmoen,National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map wat later Hermopolis Magna genoem is.National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map: Western Desert portion. Hy het ook in verskeie ander stede tempels gehad.
Eienskappe duimnael|links|180px|’n Uitbeelding van Thoth as ’n bobbejaan omstreeks 1400 v.C. (Britse Museum). Thoth is op baie maniere uitgebeeld na gelang van die tydperk en die aspek waarop die kunstenaar wou klem lê. Hy is meestal uitgebeeld as ’n man met die kop van ’n ibisBudge The Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 401 en ’n maanskyf. Soms het hy die kroon van die verenigde Egipte gedra.
Soms was hy ’n bobbejaan met die gesig van ’n hond, of ’n man met die kop van ’n bobbejaan.
Thoth het ook baie rolle in die mitologie gehad. Hy was ’n tussenganger, veral tussen die goeie en die bose; hy het seker gemaak nie een het ’n groot oorwinning oor die ander nie.Budge Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 405 Verder was hy ’n skriba van die gode,Budge Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 408 en hy het soms die eer gekry daarvoor dat hy die Egiptiese hiërogliewe en alfabette ontdek het.Budge Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 414 In die onderwêreld het hy verskyn as die aap Aän, die god van ewewig, wat gehelp het in die "weeg van die hart"-seremonie.Budge Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 403
Die antieke Egiptenare het geglo Thoth het homself geskep. Hy was die meester van beide die fisieke en die morele wette, en daarvoor het hy maät (orde) gebruik.Budge The Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 407 Daar is geglo hy het die berekenings gedoen vir die vestiging van die hemele, sterre, aardeBudge Gods of the Egyptians Vol. 1 p. 401 en alles daarin. Hy het ook die beweging van die hemelliggame bepaal.Budge Gods of the Egyptians Vol. 1 pp. 407–8 Sy mag was onbeperk in die Doeat (onderwêreld) en amper so groot soos dié van Ra en Osiris.
Hy is beskou as die skrywer van alle wetenskaplike, godsdiens-, filosofie- en towerwerke.Hall The Hermetic Marriage p. 224 Hy het glo ook die sterrekunde, astrologie, numerologie, wiskunde en landmeting uitgevind, asook medisyne, botanie, teologie, beskaafde regering, lees, skryf en openbare rede. Daar is geglo hy was die ware skrywer van alle menslike en goddelike werke.
Mitologie Thoth het ’n belangrike rol gespeel in baie Egiptiese mites. As ’n tussenganger was hy betrokke by drie groot gevegte van die gode uit verskillende tydperke: tussen Ra en Apep, tussen Heroe-Bechoetet en Set, en tussen Horus, die seun van Osiris, en Set, Osiris se broer wat hom vermoor en sy bewind oorgeneem het. In elk van die gevalle het die eersgenoemde god orde verteenwoordig en laasgenoemde god chaos. As die een god ernstig beseer is, het Thoth hom geheel om te voorkom dat die ander god ’n algehele oorwinning behaal.
Hy het ook ’n groot rol gespeel in die Osiris-mite: hy het vir Isis die towerspreuk gegee om Osiris weer lewend te maak nadat sy die stukke van sy liggaam opgetel het. So kon Osiris vir Isis ’n seun, Horus, gee. Toe Horus verslaan word, het Thoth ook die towerkrag verskaf om hom weer lewend te maak.
Volgens mites het hy ook die kalender met 365 dae geskep. Die jaar was oorspronklik net 360 dae lank en die godin Noet was onvrugbaar op dié dae en dus nie in staat om kinders te hê nie. Thoth het met die maan gedobbel vir ste van sy lig ( = 5), of 5 dae, en het gewen. In dié vyf dae was Noet vrugbaar en so het sy die lewe geskenk aan Cheroe-oer (Horus die Ouere), Osiris, Set, Isis en Nephthys.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Egiptiese mitologie