Raet of Raet-Tawy was in die Egiptiese mitologie die songodin en die vroulike weergawe van die songod, Ra. Die naam Raet is bloot die vroulike vorm van Ra se naam; die langer naam beteken "Raet van die Twee Lande" (Bo- en Benede-Egipte).
Oorsprong Raet het tydens die 5de Dinastie vir die eerste keer haar verskyning gemaak. Sy was moontlik van die begin af ’n vroulike weergawe van Ra en het nie ’n eie oorsprong gehad nie. Hoewel sy die godin van die lug en die gode genoem is, was sy nooit so belangrik soos Hathor nie, wat beskou is as die vrou (of soms dogter) van Ra.Richard Wilkinson: The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt. London, Thames and Hudson, 2003. p.164
Raet is beskou as die vrou van Montoe en het saam met hom en Harpocrates in Karnak en Medamoed ’n triade gevorm. Afbeeldings van haar is skaars; as sy uitgebeeld is, was dit as ’n vrou met horings wat ’n sonskild bo haar kop hou, nes Hathor.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Egiptiese mitologie