Pontius Pilatus was die stadhouer (praefectus civitatis) van die klein Romeinse provinsie van Judea vanaf 26 tot 36(?) n. C., alhoewel Tacitus geglo het dat hy die prokurator van daardie provinsie was. Volgens die Christelike Evangelies het hy die verhoor van Jesus gelei, en het die opdrag vir sy kruisiging gegee. Sy biografiese besonderhede voor en na sy pos op Judea is onbekend, maar is deur legende verskaf.

Verwysings Verwysings na Pilatus, buite die Nuwe Testament: Josephus, Antiquities 18.35, 55-64, 85-89, 177; War 2.169-177; Philo, Legatio ad Caium (Embassy to Gaius) 38; Tacitus, Annals 15.44.

Eksterne skakels

Pilate in history; the Tiberieum dedication block

Kategorie:Mense in die 1ste eeu Kategorie:Mense uit die Nuwe Testament Kategorie:Romeine Kategorie:Stadhouers