Kees Schouhamer Immink (18 Desember 1946) is ’n Nederlandse elektriese klankingenieur en inligtingsteoretikus. Hy word as die vader van die CD, DVD en Blu-ray-skyf beskou. Die invloed van sy werk is trouens so groot dat dit bykans onmoontlik is om enige digitale klank of video te geniet waarby hy nie betrokke was nie.
Hy is in 2014 deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) met ’n eredoktorsgraad vereer. duimnael|220px|links|In 2014 ontvang Kees Immink 'n eredoktorsgraad in Johannesburg
Loopbaan Immink het sy ingenieursgraad in elektriese ingenieurswese in 1974 aan die Eindhoven Universiteit van Tegnologie verwerf en sy PhD aan dieselfde universiteit in 1984. Van 1967 tot 1998 het Immink by die Philips Fisikalaboratorium in Eindhoven, waar hy in 1994 as Navorsingsgenoot aangestel is, Philips se hoogste wetenskaplike onderskeiding ontvang. In 1998 het hy die maatskappy Turing Machines BV gestig.
Eksterne skakels CD bly beste geskenk, Beeld, 2014
Kategorie:Nederlandse akademici Kategorie:Nederlandse wetenskaplikes Kategorie:Ingenieurs Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense