Grootfonteinlughawe (IATA: GFY, ICAO: FYGF) is 'n lughawe wat Grootfontein, 'n stad in die Otjozondjoepa-streek van Namibië, bedien. Die lughawe is ongeveer 4 km suid van die sentrum van Grootfontein. Dit het tydens die grensoorlog as 'n operasionele militêre lugmagbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag gedien.

Fasiliteite Die lughawe lê op 'n hoogte van 1 413 m (4 636 voet) bo seevlak. Dit het twee geteerde aanloopbane, nommer 26/8 meet 3 560 meter by 45 m en 17/35 meet 1 040 m × 30 m.

Lugrederye en bestemmings Air Namibia — Windhoek Eros-lughawe; Katima Mulilo-lughawe; Rundu-lughawe, Rundu

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels Namibia Airports Company

Kategorie:Lughawens in Namibië