.bv is die Internettopvlakdomein gereserveer vir die onbewoonde Noorse afhanklike gebied van Bouvet-eiland. Die domeinnaamregister en -borg is Norid, maar .bv is nie oop vir registrasie nie. .bv is aangewys op 21 Augustus 1997 en is onder die .no register Norid geplaas. Noorse beleid bepaal dat .no voldoende is vir die instellings gekoppel aan Bouvet-eiland en daarom is die domein nie oop vir registrasie nie. Dit is Noorse beleid om nie domein hulpbronne te kommersialiseer nie, so daar is geen planne om .bv te verkoop nie. Indien die domein later in gebruik kom, sal dit onder die regulering van die Noorweegse Pos en Telekommunikasie Owerheid valNorwegian Post and Telecommunications Authority (2002): 26 en dieselfde beleid volg as .no.

Verwysings

Kategorie:Internettopvlakdomeine Kategorie:Noorweë