.dd is die Internettopvlakdomein vir die Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland). Dit is gekies op grond van die ISO 3166-1 alfa-2 kode vir die Duitse Demokratiese Republiek, die letters uit die Duitse naam van die land: . In ooreenstemming met IANA-beleid, was .dd dus beskikbaar om aan Oos-Duitsland toegeken te word. Maar dit het nooit gebeur nie, en so is .dd nog nooit by die wortelnaambediener (root nameserver) gevoeg nie. Die enigste gebruik was intern by die universiteite van Jena en Dresden. inligting oor webwerf .dd in Duits

Met die hereniging van Duitsland, het Oos-Duitsland deel geword van die Federale Republiek van Duitsland, wat reeds die domein naam .de toegeken is. Die ISO 3166-1-kode "DD" is in 1990 teruggetrek.Wysigings in ISO 3166-1 (geannoteerde opsomming RIPE dokumente)

Verwysings

Kategorie:Duitse Demokratiese Republiek Kategorie:Internettopvlakdomeine