Vesta (amptelik 4 Vesta; simbool: 16px|⚶) is een van die grootste asteroïdes in die Sonnestelsel; dit het ’n gemiddelde deursnee van 525 km. Dit is op 29 Maart 1807 deur Heinrich Wilhelm Olbers ontdek en is genoem na Vesta, die maagdegodin van die hart, huis en familie in die Romeinse mitologie.
Vesta is die asteroïde met die tweede grootste massa naas die dwergplaneet Ceres, en maak ’n geraamde 9% van die massa van die Asteroïdegordel uit. Die asteroïde Pallas is effens groter, en dus is Vesta die derde grootste wat volume betref.
Vesta is die laaste oorblywende aardagtige protoplaneet (waarvan die binnekant uit verskillende lae bestaan), van die soort wat die aardplanete gevorm het."Asteroid Vesta is 'last of a kind' rock". BBC, 11 Mei 2012."Incredible video 'fly-over' by Nasa's Dawn probe reveals huge rippled asteroid Vesta is more like a small planet". Daily Mail, 15 Mei 2012. Besoek op 23 Mei 2012. Verskeie stukke is 1 miljard en 2 miljard jaar gelede deur botsings uit Vesta geruk; dit het twee enorme kraters agtergelaat wat ’n groot deel van die asteroïde se suidelike halfrond uitmaak. Afval van dié botsings het op die Aarde geval en dié meteoriete is ’n ryk bron van inligting oor die asteroïde.
Vesta is die helderste asteroïde wat van die Aarde af sigbaar is. Sy maksimum afstand van die Son af is effens verder as die minimum afstand van Ceres van die Son af, hoewel sy wentelbaan binne dié van Ceres lê.
Nasa se Dawn-ruimtetuig het op 16 Julie 2011 in ’n wentelbaan om Vesta inbeweeg vir ’n jaar lange ondersoek van die asteroïde. Dit het op 5 September 2012 die wentelbaan verlaatDawn mission status om verder na Ceres te reis. Dit het dié dwergplaneet in Februarie 2015 bereik.
Verwysings
Eksterne skakels
4 Vesta by Solar System Exploration
Kategorie:Asteroïede