duimnael|200px|Garam masala-spesery duimnael|260px|Die los bestanddele van garam masala

Garam masala is 'n geroosterde mengsel van speserye. Die resep is afkomstig uit Indië. Die voorbereiding verskil heelwat van streek tot streek. Dit is 'n bestanddeel van baie Indiese geregte soos hoendertandoori. Dit word dikwels laaste bygevoeg tydens die kookproses, sodat die geur en smaak behoue bly.

Bereidingswyse Hieronder volg die voorbereiding vir 'n soeter variant.

Bestanddele: 3 lourierblare 1 teelepel koljandersaad 1 teelepel komyn 2,5 cm pypkaneel halwe teelepel swartpeper 2 anyssterre 1 teelepel karwysaad 1 teelepel chilipoeier halwe teelepel gemmerpoeier 1 teelepel Amchoor kwart teelepel asafoetida

Bereiding: Voeg al die bestanddele, behalwe die onderste vier, saam in 'n droë oondpan. Rooster alles saam. Wag tot die geur vrygestel word. Maal alles uit die pan tot 'n poeier. Voeg die poeier by die ander bestanddele.

Kategorie:Geurmiddels Kategorie:Indiese kookkuns Kategorie:Speserye